ToekomsVenster: Moenie God beperk

(Argieffoto)

Hulle sê toe vir hom: “Jy kom tog nie ook van Galilea af nie? Ondersoek die Skrif en jy sal sien dat God niemand wat uit Galilea kom, as profeet roep nie.” – Johannes 7:52

Wat die mense sê is dat God nie mense wat van dáárdie deel van die land afkomstig is, kan gebruik nie. Die agterdog en meerderwaardigheid wat mense van die suide met Jerusalem as hoofkwartier gehad het, kom hier duidelik ter sprake. Die noorde se mense is verdag, nie suiwer nie, gemeng, minder aanvaarbaar en minderwaardig. Niks wat goed is, kan van so ʼn plek afkom nie.

God het ʼn manier om ons voorkeure en vooraf opgesette idees grondiglik te bevraagteken. Trouens, Jesus is daarvan ʼn konkrete voorbeeld.

Kan God kies om die wêreld met Homself te versoen deur die swakheid van ʼn baba van gewone ouers wat nie deel van die adelstand of die geestelikes van die dag is nie?

Kan God kies om deur die skande van die kruis mense met Homself te versoen?

Is dit die Koning van Israel, die Koning van die heelal, wat kreunend aan die kruishout uitroep, waarom het U my verlaat?

Die antwoord is eenvoudig en duidelik; ja dit is.

God het besluit om met sy volle wese in sy seun te woon. Toe kies die Seun om Hom van sy Goddelikheid te ontledig en die gestalte van ʼn slaaf aan te neem, deur die ruwe onsimpatieke hande van soldate verinneweer te word, aan ʼn aardse koning uitgewer te word, bespot te word deur sy eie mense, dit alles, sodat juis hulle gered kan word. Kan enige iets goeds uit Nasaret kom?

Inderdaad!

Laat God toe om jou en my paradigmas, ons vooroordele, ons misplaaste verstaan, te bevraagteken.

Moenie God beperk nie. Hy sal jou weer en weer, en weer en weer verras.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.