ToekomsVenster: Moenie moed opgee nie

hoop-plantjie-groei

(Foto: Engin Akyurt/Unsplash)

Jes. 12:1,2 en 6 – Op daardie dag sal jy sê: “Ek loof U, Here! U was kwaad vir my, maar U is nou nie meer kwaad nie en U het vir my uitkoms gegee. God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” Jubel en juig, inwoners van Sion, want groot is die Heilige van Israel en Hy is by julle!”

Die geskiedenis van Israel is soos die van ʼn skoppelmaai. Van geloof na verdoemende ongeloof en ongehoorsaamheid, halsstarrige volharding in die verkeerde, van die koningshuis dwarsdeur die geestelikes tot by die man op straat.

Die ongehoorsaamheid, rebellie en opstandigheid van die Here se volk het bykans geen perke geken nie. Die profete het bly waarsku maat het asof teen ʼn muur te staan gekom. Desondanks die waarskuwings het die volk van die Here nie volhoubaar bekeer nie.

Dit is teen hierdie agtergrond dat ʼn mens die genade aankondiging van God, verrassend vind. Hy het alle rede om die volk volledig oor te gee aan die keuses wat hy gemaak het maar, soos in Hosea, kan God Homself nie so ver kry om die volk, sy volk, volledig af te skryf nie.

Te midde van die felste kritiek is daar telkens aankondiginge van hoop, herstel, seën en ʼn nuwe begin. God sluit aan by die oorblyfsel wat nie die knie voor afgode gebuig het nie, wat hulle nie begewe het in vreemde ooreenkomste met heidense volke nie, wat volhardend by vertrou het dat die Here uitkoms sal gee.

Goddank, daar is altyd in God se voorsienigheid en genade ʼn oorblyfsel.

Ons leef in ʼn baie stukkende wêreld. Sonde neem halsoorkop toe. Mense het koers gekies agter materiële en ander vorme van sekuriteit. Van Godsvertroue het daar min oorgebly. Tog is die Here genadig en soek Hy die klompie wat oorgebly het, wat steeds op sy Naam vertrou, wat nie oorgegee het aan die druk van die wêreld nie, nie deel geword het van die heersende Godverwyderde, wêreldse kultuur nie, op.

Hierdie merkwaardige, bemoedigende verse laat die môrester helder skyn.

God het ons nie vergeet nie. Sy Koninkryk kom teen wil; en dank.

Is jy deel van daardie oorblyfsel met wie God in die ewigheid ʼn nuwe begin maak?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jacobus ·

Voorlaaste paragraaf sê dit alles. Groot troos en hoop in die chaotiese tye waar dit lyk of geregtigheid vergete is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.