ToekomsVenster: Moenie ’n dag kwaad afsluit nie

Vergifnis

Argieffoto.

…en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree – Matt 6:11

Ai, mense kan hardvogtig wees!

Vergiffenis is altyd ʼn relevante tema wanneer dit by die geloof kom. Die Vader het ons vergewe en ons móét dieselfde doen.

Ek herinner my aan die gedeelte wat handel oor die hartelose bestuurder wat ten spyte daarvan dat sy skuld afgeskryf is, ander nie wou tegemoet kom nie. Die Koning het nie goed geoordeel oor sy onsimpatieke optrede nie.

Dis wat gebeur wanneer ons ander mense “gevange hou” deur ons onvergewensgesindheid en koudheid van hart. Dit moet die Vader laat huil en spyt kry dat Hy genade aan ons bewys het.

Onvergewensgesindheid en bitterheid is toksies. Dit vergiftig die gestel. Dit maak ʼn mens siek.

Daar is volgens sommige navorsing ʼn korrelasie tussen sommige siekte toestande en die emosionele disfunksie wat ons beleef.

Ons dink ons straf die ander party maar ons is self die lydende party. Partykeer is die ander persoon nie eers bewus van ons gevoelens nie. Hulle slaap rustig terwyl ons ly. Dis darem dom en onverantwoordelik en onnodig.

Wees gou om mense te vergewe en vry te spreek. Moenie dat die son onder gaan onder jou toorn nie. Moenie ʼn dag kwaad afsluit nie, maan die Skrif. Handel elke dag se skuld af. Betaal die rekeninge. Sorg dat die balansstaat klop.

Julle moet mekaar niks skuld nie sê die Bybel, behalwe om mekaar lief te hê.

Wat skuld jy ander mense en wat skuld hulle jou?

Maak daarmee klaar, vandag nog.

“Gebed is die grootste van alle kragte, omdat dit God eer en Hom in aktiewe hulp bring.” ~ EM Bounds

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karen Zevenster ·

Vergifnis kan nie die verlede verander nie, MAAR die toekoms wel!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.