ToekomsVenster: Moet ons nog ’n tiende aan die kerk gee?

JB-06

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Genesis 14:18-22

Raak prakties

Wat ons wel uit Abraham se lewe kan leer, is dat hy ’n aanbidder was wat altare gebou het en God met sy besittings aanbid het (Genesis 12:7; 13:4; 18; 15:9-18). Hierdie voorbeelde kan gelowiges verseker vandag motiveer om ook die Here te eer met hul offergawes.

Iets om oor na te dink

Genesis 14 sê niks van ’n sisteem of patroon van tiende gee wat deel geword het van Abraham se lewe nie. Dis ook nie duidelik dat Abraham voortgegaan het om tiendes te betaal nie. Verder is daar ook geen aanduiding dat die Here vir Abraham ’n opdrag gegee het om ’n tiende te betaal nie. Tog lees ons in Genesis 15:1 dat die woord van die Here na Abraham gekom het met die belofte van beskerming en beloning. Kan hierdie bevestiging van beskerming en beloning ’n erkenning wees van Abraham se offergawe?

Gebed

Here, baie dankie vir voorbeelde uit ander se lewe wat my motiveer om te gee.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

mc ·

Ja, dit is tog eienaardig hoe kerke teer op die skuldgevoelens van mense oor die tiende. As enigiets in jou lewe verkeerd gaan dink jy dis omdat jy nie ‘n tiende kan gee nie. In die Bybel se tyd het die kerke gesorg vir die armes en die weduwees en wese. In ons tyd is dit veronderstel om die staat se werk te wees, so ons betaal belastings en ons gee bydraes vir die kerk. Predikante is baie subtiel, hulle verplig jou nie om dit te gee nie, maar hulle preek darem dat indien jy dit wel gee sal dit goed gaan met jou en jou gesin, so sodra dit sleg gaan voel jy dadelik dis oor die tiende.

Koos ·

Nee, R600 000 pakette vir dominee se bietjie werk is absurd.

Pietman ·

Hulle werk vir die gemeente. Wie betaal hulle? God of die gemeente?

christa ·

dit is onnodig om aan mense te vra oor Tiende nie. Mense wil gedurig die Bybel herskryf en verander. God se woord is wet. Hy se jy moet jou tiende bring na die kerk, nie mense nie. Moenie wonder wat die prediker met die geld doen nie, doen net wat jy in die Bybel lees en los die vra aan die Aller Hoogste. Hy sal self oordeel wat verkeerd is.

christa ·

Die Bybel bevel niemand aan om tiende te betaal nie. Die Woord se bring jou tiendes na die huis van die Here en Hy sal Sy vensters oor jou oopmaak van seeninge. Nou kan ons sien hoekom ontvang so min mense seeninge buiten hul elke dag se seening wat ons nie verdien nie.

Maria ·

Christa jy heeltemal reg en dit waar! Ek ook nie glo aan tiende nie asook bygedra gelewer nie.
Sowaaaaar mense …. my getuie 2016 April begin bydra gegee .. Here het SY venster oor my oopgemaak met seening dit is my fanansie Dankie HERE x

Sini ·

Aan al die Anti-Tiende mense, haal net Maleagi 3 vers 10 uit julle Bybels waar die Here ‘n direkte opdrag gee ten aansien van die hele tiende……
En die mense wat kla oor die predikante so min werk en baie geld kry.. verstaan nie wat die pligte van die predikant behels nie. Sondag se preek is maar ‘n breukdeel van wat hy in die gemeenskap verrig!!

Anoniem ·

Sini. Julle het seker n uitsonderlikke prediker want ek hoor dit en sien dit dat die dominee lekker golf speel en tot 4 keer n jaar vakansie hou by sy huisie by die see, n slap wa ry en net die gemeente lede besoek wat sy sakke stop met geld en vleis. Die ouderling of diaken of sommer n vreemdeling wat omgee sal maar die gemeente lid besoek in die hospitaal om vir hulle te bid dominee is te besig of sy gemeente is te groot altyd n verskoning.

christa ·

Die Here forseer niemand in ‘n rigting nie. Hy laat die keuse aan jou oor of jy Hom wil volg of nie. Net soos Hy beveel om jou te bekeer en te laat doop en die sonder af te le, maar die keuse bly joune. Die tiende is maar net ‘n nog ekstra seening wat jy kan kry as jy Sy raad volg soos Maria getuig

Sarel Strydom ·

Normaalweg rask ek nie by die tipe gesprekke betrokke nie. 1) Die Kerk van God bestaan uit Lidmate, nie die amotenare nie. Sou die wat beswaar het bereid wees om die werk te doen sonder vergoeding. Die mense het ook huis en gesin om te versorg. Ons kla gou masr spandeer meer aan plesier. Versorging van armes: Die staat kom lankal nie meer sy vepligting na nie. Sommige Kerkgroepe se Welsynsbegroting oortref die staat se begroting. Indien jy nie betrokke os by hierdie aksies nie kan jy geen mening uitspreek nie.

Hangman ·

Ek het onlangs van kerk verander nadat die predikont my gevra het om my betaalstrokie te bring, aangesien ek n tiende moet gee voor enige aftrekkings!!! Skokkend verby

Jesuskind ·

Baie kerke en kerkleiers misbruik die konsep van tiendes. Ek weet nie wie die gedagte hierbo geskryf het nie, maar ek dink jy sit die pot mis. In jou aangehaalde gedeelte is jy dalk reg, maar wat van Levitikus 27.30 staan duidelik dat ‘n 10de van jou opbrengs “vir Hom as heilig afgesonder moet word”. Deut 14:22 “jy moet ‘n tiende van jou oes eenkant sit..” Daarom stem ek nie saam met die skrywer hierbo nie.

Ja Wat ·

In die bybel word ons ook beveel om sekere goed nie te doen nie, gaan lees die 10 gebooie. Tog word die 10 gebooie omtrend deur alle mense verbreuk. Dit help nie jy gee jou 10de en oortree die 10 gebooie nie. Verder klasifiseer my volwasse kinders vandag ook as armes, as ons as ouers hulle nie finansieel ondersteun nie, dood hulle van die honger. Ek gee defnitief meer as my 10de weg aan behoeftige mense- my kinders! Ek het regtig nie nog n 10de oor om vir die kerk te gee nie al sou ek wou. Ek dink nie God sal my hieroor staf of seen van my weg hou nie. Ek glo wel God sal my straf as ek my kinders verwaarloos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.