ToekomsVenster: My roetekaart


padkaart

Foto: Qiroadmap.org

Die langste Psalm in die Bybel spreek van die besondere passie van die Psalmdigter vir die wet (woord) van die Here.  Mense in die tyd toe die psalm geskryf is, het nie soos ons die geskrewe woord gehad nie.  Hulle het dus die wet (“tora”) gememoriseer.  Ps 119 is in ‘n struktuur geskryf wat baie gehelp het om dit te memoriseer.  So kon dit ook makliker mondelings oorgedra word aan die volgende generasie.

God se Woord (die volledige Bybel soos ons dit vandag het) leer ons waardes vir ons lewensreis.  Dit is inderdaad die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad (vers 105).

Die vertroue, liefde en waardering wat ons vir die Woord van die Here het, veroorsaak dat ons geen besluit sal neem sonder om ons eie wysheid daaraan te toets nie.  Die wet van God is goed!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.