ToekomsVenster: ’n afbeelding / afdruk van die Drie-eenheid


all-free-download.com

all-free-download.com

Genesis 1:27 God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, as man en vrou het Hy hulle geskep.

As gestuurde is ek ’n afbeelding van hierdie God in wie ek glo. Ek is meer as ’n afbeelding; ek is ook Sy verteenwoordiger – God leef in my. Dit beteken dat ons nie net afbeeldings van God is nie, maar ons vind ook uit wie ons is. Ons vind as gestuurdes ons identiteit juis deur die inwoning van die heilige Drie-eenheid in ons. Ons moet net toelaat dat God Drie-enig deur ons lewe.

Hierdie afbeelding is nie net ’n uiterlike afbeelding nie (ek is fisies geskape na die beeld van God), dit is ook ’n geestelike afbeelding. Ek dra liefde, vergifnis en versoening – al die gawes van die Gees in my hart. Ek is daarmee geskep. Dan is ek ook geskape met die unieke gawe dat ek ook kan skep.

Wanneer jy begin dink oor hoe ek nou as gestuurde (my dag tot dag – by die werk of huis) moet leef, is dit soms moeilik om te dink dat ek ’n afbeelding van God is; God leef in my. Dink nou terug aan ’n week of twee gelede waar ons met mekaar gepraat het oor hoe en waar jy van die Here gehoor het – jy sal onthou dat ons gesê het dat dit deur mense was.

Luister nou weer na die teks – Hy het ons na sy beeld geskape. As mense na jou kyk, is jy deel van God. Mense moet God in jou kan raaksien. Nie net in jou uiterlike skepping nie, maar ook die manier waarop jy as gelowige optree.

Gebed:

Vader help my om minder te word sodat U meer kan word. Amen.

Leefwyse:

Stap na die spieël en kyk na jouself. Onthou: God het jou geskep en Hy het jou lief.

Iets om vandag oor na te dink:

Wat kan jy doen om verhoudings te verbeter in julle gemeenskap?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.