ToekomsVenster: ’n Arend, of ’n papegaai?

breekoparend

‘n Harrisvalk. Foto: Verskaf.

“Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.” – Jesaja 40:29-31

A.W. Tozer skryf in sy boek The Set of the Sail dat moderne Christene papegaaie is, nie arende nie, en, eerder as om uit te vaar en tot by die onbegrensde omvang van die Koninkryk van God te verken, hulle tevrede is om veilig te sit op hul bekende stellasies en in ’n helder falsetto godsdienstige woorde en frases waarvan hulle glad nie die betekenis verstaan nie, te herhaal.

Dink hieraan

Ons lees ook in Deuteronomium van arende.

“Soos ’n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos ’n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra.” – Deuteronomium 32:11

Hier wil die Here mense uit hul knus nessies skop en aan die beweeg kry. Grondvlak Christene leef ander mense raak, al kos dit wat. Hulle neem risiko’s in die wete dat die Here hulle sal dra en toerus. Ons het in Suid-Afrika sulke mense meer nodig as ooit tevore. Jy kan, as jy wil. Gee ʼn tree in ander se rigting. Jy sal verryk en opgewonde daarvan af wegstap.

Gebed

Here, ek wil U eerstehands beleef. Ek wil hê my passie vir U moet ontvlam. Wys my asseblief hoe ek uit my papegaaihok kan breek en die onbegrensde omvang van U Koninkryk kan begin verken. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Goeie middag Maroela, die voël in die foto lyk vir my eerder na die Roofarend met sy geel om die bek en kleur verekleed.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Johann

Dankie vir jou navraag! Maroela het verder gaan ondersoek instel en uitgevind dit is eintlik ‘n Harrisvalk van Suid-Amerika.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Andre ·

Vandat ek in Saudi Arabia begin werk het, het ek die asemrowendste teenwoordigheid in God gekry. Ek het vrymoedigheid wat ek nie kan beskryf nie. Ek bevind my soms (Gereeld) in verwarrende omstandighede sonder antwoorde. Maar my oggend gesprek met God voel letterlik soos ‘n gesprek. Want as ek vra, is dit soms dadelik wat ek die antwoord kry.
Ek erken, ek ken nie die tekse in die Bybel nie, maar ek weet wat hulle vir MY beteken… En weet julle wat, ek kan vir julle deur presies daai rede getuig van wat ‘n kinderlikke geloof is… Want ek verstaan nie die tegniesse dinge van die skrif nie, eks nie ‘n skrif geleerde nie. Ek is ‘n veiligheids spesialis… Maar ek is onvoorwaardelik dankbaar en lief vir God, sonder om groot woorde ens. by te voeg. ‘n Kinderlikke liefde.
Mense, aanvaar dat God in beheer is, aanvaar die liefde wat Hy vir julle wil gee, aanvaar die seen wat Hy oor julle wil uit stort en aanvaar dat jy nie hoef te vrees nie…
Al wat ek WEET, is dat God in elke tree en elke asem is.

E ·

Andre, ek het vandag hierdie boodskap en jou kommentaar nodig gehad. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.