ToekomsVenster: ʼn Beskrywing van liefde


vrede

Argieffoto.

Die vrug van die Gees is … vrede… – Galasiërs 5:22

Toewydingsoomblik
Jou hart wat eens verhard was deur wonde en sonde word nou sag soos klei wanneer vrede jou knie.

  • Jy is nie meer bang vir mense nie.
  • Jy haat nie meer diegene wat jou opponeer nie.
  • Jy koester nie meer wrokgedagtes teenoor diegene wat jou seermaak
    nie.
  • Jy laat die Heilige Gees toe om jou te begelei om oomblik vir oomblik onder die bloed van die Lam te leef. Jou hart wat verdeeld was deur sonde word heel en jou gedagtes wat in ’n warboel was as gevolg van gebrokenheid, kom tot rus.

Gebed
Ek wil vandag vir jou Romeine 15:13 bid:
Ek bid dat dié God wat aan jou ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof jou lewe met vreugde en vrede sal vul. Ja, mag jou lewe tot oorlopens toe vol verwagting wees deur die kragtige werking van die Heilige Gees! Amen. – Romeine 15:13

Praktyk
Die Hebreeuse woord vir vrede (Shalom) kan in Engels vertaal word as Nothing lacking, nothing broken – niks sal jou ontbreek nie en niks is meer stukkend nie. As heel mens opereer jy nie meer met ’n konstante behoefte of nood in jou eie hart nie. Jy is nou ’n vredemaker wat die gebrokenheid in ander herken, want jy het dieselfde pad gestap. Jy het egter daardeur gegroei en die olie van vrede ontdek. Nou kan jy oral vrede uitgiet waar die vyand probeer verwarring en verdeeldheid saai. Jy sien nie langer slegs wat voor oë is nie, maar dieper, verder, wyer. Jy sien God wat God sien!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Attie ·

Dankie vir die herstel in lewenslesse soos liefde en vreugde die vrug van die gees- dit word so maklik van ons gesteel deur die vyand – maar danksy die Heilige Gees wat ons in wyshed lei amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.