ToekomsVenster: ʼn Burger van die Vader se koninkryk

kruis-02

Foto: Geralt/Pixabay.com

… laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. – Matteus 6:10

Ons gebruik woorde en herhaal dit selfs in ons gebede, maar weet nie wat dit beteken nie. “Koninkryk” is een van daardie begrippe wat ons van moedersknie af geleer het, veral n.a.v. die “Ons Vader”-gebed, maar nie noodwendig verstaan nie. Toets jouself sommer nou. Verduidelik die begrip aan ʼn denkbeeldige mens. Nie so maklik nie, nè!

Ons staatsbestel is, soos by die meeste ander lande, ʼn demokrasie met mense wat deur stemming in ʼn bepaalde posisie geplaas is. Sulke mense, politieke partye, kan natuurlik vervang word wanneer hulle spreekwoordelik “uitgestem” word.

Daar is egter ook monargieë waarvan Brittanje ʼn uitstekende voorbeeld is en waar daar sprake is van ʼn koningshuis met ʼn regeerder aan die spits van sake. Hoewel dit dikwels meer vir die vertoon as enigiets anders is, sou Britte dalk die begrip koninkryk beter verstaan as ons. Die waardering, respek en koestering wat Britte vir die koninginmoeder het, is prysenswaardig. Die vraag oor wie haar sal opvolg wanneer sy tot sterwe kom, word meer relevant namate koningin Elizabeth ouer word.

Ons is deur ons verbondenheid met Jesus Christus ook burgers van ʼn koninkryk. Dit word onder meer die “Koninkryk van God, Koninkryk van die hemel” en “van my Vader” genoem. Jy word ʼn burger van hierdie koninkryk deur die wedergeboorte (weereens een van daardie begrippe); kortom, wanneer jy die heerskappy van God, die groot Monarg, Regeerder, erken. As burger van daardie ryk het jy regte maar ook verantwoordelikhede.

Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” – Matteus 4:17

Onthou die nasionale gebedsinisiatief:

25 Mei (Hemelvaart) en die tien dae van Pinkster (tot 4 Junie)

Bid by jou werk, besigheid, kantoor, klaskamer, lesinglokaal, inkopiesentrum, gimnasium.

Bid alleen en saam met mense (veral onbekendes).

Bid dat Suid-Afrika genees mag word.

www.sapray.co.za of laai die Toekomsvenster-app af.

Registreer as gebedsvennoot.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.