ToekomsVenster: ’n Dosis nederigheid

nederigheid

(Foto: Galleryhip)

Moenie eiewys wees nie. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. – Rom. 12:16-17

Ons kinders was in die Wysneusies kleuterskool. Wanneer iemand klein is, is die eienskappe om ietwat selfgerig en ʼn wysneus te wees oulik. Ons lag daaroor, maak vriendelike opmerkings en moedig dit selfs aan.

Dan word die pragkindjie ouer en groter, en met verdrag begin dit ons irriteer.

Beterweterigheid is irriterend, arrogant en onchristelik. Dan antwoord ander effens iesegrimmig: “As ek jou raad wou gehad het, sou ek daarvoor gevra het”.

Wysheid en nederigheid is bedmaats. ʼn Werklike skerpsinnige mens is nie opdringerig nie. Om ʼn wysneus te wees, sit mense af. Dit grens aan hoogmoed waaroor ons ook hierdie week gepraat het.

Nou dat ek die laaste bydrae vir hierdie week skryf wonder ek stellig of die Here dalk iets op die hart is. Dit is asof Hy die hele week lank besig is met ons ingesteldheid jeens ander mense.

Ek vermoed dat ons somtyds ook ʼn bietjie voorskriftelik voorkom in ons verhouding met Hom.

Ons gebede is waarskynlik niks anders as ʼn inkopielys nie, en mag ek vra, is dit enige iets anders as wysneus wees.

Terloops, ek sukkel ook daarmee.

Mag die Here ons seën met ʼn gawe dosis nederigheid.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.