ToekomsVenster: ’n Gawe van God


ToekomsVenster-2-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie? – Prediker 2:25

Die lewe, jou kos en klere en jou werk is ’n gawe van God (2:24,25; 3:12,13; 5:17,18). Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief dink nie dat ons dit meer as ’n vreeslike wysheid sien nie.

Ons moet alles wat ons het as ’n gawe uit God se hand sien.

Jy en ek het nie beheer oor die dood of die lewe nie. Die dood kan enige oomblik aanbreek. Ons kan egter aan God die eer gee wat Hom toekom deur ons brood en water, kos en werk, kinders en huweliksmaat as ’n gawe van God te sien. Daarom mag ons dit ook geniet! Daarom wil ons hard werk, bid voordat ons eet, wil ons ons werk as roeping sien en hanteer ons ons lewensmaat en kinders as God se eiendom. Niks is vanselfsprekend nie.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.