ToekomsVenster: ’n Gebalanseerde lewe


Oe

Argieffoto.

Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. – Lees Psalm 27:4

Die psalmdigter verwys hier nie na ʼn lewe van asketisme en wêreld vermyding nie. Ja, jou geestelike lewe kan ook ʼn plek van ontvlugting raak. Dis ontstellend maar waar. Agter die godsdienstige masker kruip ʼn onseker en onvergenoegde persoon weg. Hy probeer almal met sy erge graad van geestelikheid beïndruk en slaag selfs daarin. Hy probeer homself ʼn rat voor die oë draai en kry dit selfs af en toe reg. Dis nie die bedoeling van God nie. Ware geestelikheid leef Geesvervuld oral en altyd. Dis ʼn lewenshouding wat die erediens van Sondag uitbrei na elke dag van die week en in elke situasie.

Die werkplek, skool of universiteit, sportveld en sosiale kring word ʼn ruimte waar ʼn mens se verhouding met God op ʼn baie natuurlike wyse uitgeleef word. Dis ʼn geïntegreerde en gebalanseerde lewe. Die onderskeiding van geestelike en sg.  “beestelik” slaag nie die toets van die Skrif nie. Ons lewe deur die Gees, laat die Gees dan nou ook ons gedrag bepaal, sê die Woord. Tempel word ʼn metafoor vir elke dag se handel en wandel in die lig en onder leiding van die Woord en Gees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter ·

Ek sou eerder sê dat die Psalmdigter verwys na die nabyheid van God, eerder as asketisme. In die tyd van die psalms is geglo dat God fiesies teenwoordig in die tempel is, daarom ook verwys na die huis van God. Ons moet ook nie vergeet dat die liggaam die tempel van God is nie. Asketisme in die psalm is meer op ñ geestelike vlak as ñ fiesiese vlak, wat verreweg die beste is om heeldag geestelik die nabyheid van God te ervaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.