ToekomsVenster: ’n Gebed van dankbaarheid

sonstrale-dankbaarheid

(Foto: lohannaps/Pixabay)

Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. – 1 Tessalonisense 5:18

Hierdie week gaan ons saambid oor ʼn paar sake. Gebed dra suurstof na ons bestaan. Sonder gebed is daar nie sprake van ʼn geloofslewe nie.

Gebed is egter meer as die formele eenkant kom om te bid. Inderdaad, dit ook, maar gebed is ʼn lewenswyse. Dit is ʼn beskrywing van die lewe saam met God, ʼn gebedshouding.

Die Here is tog by en met ons. Hy vertrek nie wanneer ons amen sê en daag weer op wanneer ons Hom opsoek nie. Ons leef in sy teenwoordigheid, oomblik vir oomblik.

Net soos ʼn mens op ʼn gemaklike wyse met mense praat wat jou leefwêreld deel, net so gemaklik praat ʼn gelowige met God wat jou hele wese in beslag neem.

Soms is ʼn mens meer bewus en soms minder bewus van die God wat in jou is, Hy is Immanuel, God met ons. Hy is altyd daar.

Gedurende hierdie week wil en saam met jou ʼn aantal gebede bid. Ons gaan oor verskeie sake bid.

Vandag het ons dit met dankbaarheid en hier volg ons dankbaarheidsgebed:

“Here, hoe sê ʼn mens dankie vir die oorvloed goedheid en guns wat ons daagliks dra en verdra. U Woord beloof in Psalms 23 dat goedheid en guns ons sal volg en as ons oor ons lewens nadink dan is dit inderdaad so.

As ons die sake waarvoor ons dankbaar is sou wou opnoem sou dit die hele dag in beslag neem. Op elke terrein van die lewe beleef ons U getrouheid, voorsiening, liefde en genade.

Ons staan soggens op met die lewensasem wat U skenk. Ons loop, dink en doen met die energie, wysheid, inspirasie en ondersteuning wat U deur U Gees gee.

Ons het interaksie met soveel mense wat eweneens Beelddraers van U is en hulle verryk en komplimenteer ons lewens.

In besonder deel ons die lewe met ons huismense, ons beter helftes, kinders en kleinkinders.

Ons leef uit U genade hand en kom vanoggend dankie sê.

U is waardig om die lof en aanbidding van ons harte te ontvang.

U is uiters betroubaar.

U is ʼn  Waarmaker van U Woord.

Nogmaals dankie.

Amen”.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here vir genade en liefde wat ek onverdiend uit U hand ontvang…..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.