ToekomsVenster: ’n Gees van welwillendheid

hart_klip_hand_stiltetyd.jpg

(Foto: pixabay)

Sagaria 12:10 – Maar oor die koningshuis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem bring Ek ‘n gees van welwillendheid en van berou.

Ek vind hierdie ʼn baie betekenisvolle teks wat besondere betekenis het vir die week van rou wat vandag afsluit. Die twee sake, “welwillendheid en berou” in een sin is interessant en noodsaaklik.

Ons het die hele week gepraat oor die wese van berou synde ʼn hartgrondige toekeer na God en jou medemens. Dit gaan met hartseer en selfs trane gepaard. Dit is nie terloops en in die verbygaan nie maar ʼn grondige omkeer en terugkeer na die Lewensbron en God van die Bybel.

Die uitwerking en impak van berou word egter vergestalt in “welwillendheid”.  Ek sou graag wou hoor watter sinonieme jy aan dink vir die bekende woord. Dit gaan oor sagtheid en deernis met die lotgevalle van mense. Dit is om soos Saggeus reg te maak waar jy iemand anders verontreg het. Dit is ʼn beskikbaarstelling van jou tyd, energie en bronne sodat ander beter kan leef. Dit is opoffering en prysgawe van self, eiebelang en egoïsme.

Suid-Afrika het ʼn “gees van welwillendheid” broodnodig. Ons neem dikwels stelling in teenoor mekaar en demoniseer en veroordeel mekaar. Dit is nie die gesindheid van Jesus nie. Selfs vyandige optrede word met “die ander wang” begroet.

Net ʼn Geesvervulde mens wat oorgegee is aan die wil van God kan hierdie pad konsekwent loop.

Sal jy hierdie week van rou en berou nou opvolg met ʼn gees en ingesteldheid van welwillendheid?

“Ek sal in hierdie tyd Dawid se kinders en hulle kinders en ook die inwoners van Jerusalem mense maak wat omgee vir ander mense.  Ek sal hulle ook mense maak wat graag wil bid. – Sagaria 12:10, Die Boodskap

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here U ken my hart…wees my genadig dat ek welwillendheid sal leef deur U genade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.