ToekomsVenster: ’n Geestelike mikpunt

doelwit

Foto: Samuel Zeller/Unsplash.com

Stel ʼn geestelike mikpunt wat jou lewe sal verryk en nuwe momentum aan jou reis sal gee.

Ons het die gedagte geopper dat ʼn mens moet beplan en selfs ʼn aantal doelwitte bepaal wat jy in die jaar wil nastreef. Dit is veral waar van die geestelike lewe. Jou lewe saam met Christus is dinamies en lewendig. Daar gebeur iets. Daar is woord en weerwoord, vraag en antwoord, soek en vind, klop en toegang verkry, ens.

Iemand het gesê ek is nie waar ek moet wees nie maar ek is nie meer waar ek gister was nie. Daar het intussen iets gebeur. My lewe is verryk. Ek het verdiep in my verstaan van die Skrif en God se bedoeling vir my lewe.

Maak iets daarvan.

Wees spesifiek.

Wat vra jy van die Here met betrekking tot jou geestelike lewe hierdie jaar.

Hy sal jou nie teleurstel nie.

Die Heilige Gees kan nie wag om jou te leer en te onderrig nie.

Hy berei ʼn heerlike avontuur voor jou.

Sit jou voet in die water en beleef God nuut in 2019.

“God can turn any mess into a message, any test into a testimony, a mess into a message, any trial into a triumph, and any victim into a victor.”

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.