ToekomsVenster: ’n Gesprek oor egskeiding

egskeiding-SA-huweliksweek

Argieffoto.

Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan na die gebied Judea toe vertrek, oorkant die Jordaan langs. Baie mense het weer na Hom toe gekom en, soos Hy gewoond was, het Hy hulle geleer. Daar het ook Fariseërs gekom, en om Hom op die proef te stel, het hulle Hom gevra: “Mag ‘n man van sy vrou skei?” Hy het daarop vir hulle gevra: “Wat het Moses julle beveel?” “Moses het toegelaat dat iemand ‘n skeibrief opstel en skei,” het hulle geantwoord. Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat hy hierdie bepaling vir julle gemaak het. Maar van die begin af, van die skepping af, ‘het God hulle man en vrou gemaak.’ ‘Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees,’ sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie.” In die huis het die dissipels Hom weer hieroor uitgevra. Hy sê toe vir hulle: “Elkeen wat van sy vrou skei en met ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen sy vrou. En as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.” – Markus 10:1-12

Egskeiding is ʼn hartseer werklikheid. Enersyds moet ʼn mens verkennend en onderskeidend vra waarom so baie huwelike in stormagtige vaarwaters beland?

Kan dit wees dat mense met onrealistiese verwagtinge die heilige instelling tegemoet gaan?

Kan dit wees dat die verbruikersmentaliteit van ons eeu so van ook kinders van die Here so beslag geneem het dat ons uit huis uit veronderstel dat as dit nie werk nie ons die verhouding kan termineer?

Kan dit wees dat die potensiële huweliksmaats nie genoegsaam gesentiseer is vir die eise en uitdagings wat permanensie aan ʼn verhouding gee nie?

Kan dit wees dat die huwelik is instelling en as metafoor van God se saamwees met sy kerk so onder die druk van die duisternis gekom het dat huwelike toenemend verbrokkel?

Die Bybel sê dat egskeiding geweld is. Maleagi roep manne op om verantwoording te doen van die staat waarin hul verbintenisse met hul jeugliefde gekom het.

Wie skei pleeg egbreuk.

Die bedoeling is nie dat God se genade nie groter is as die worsteling van die mens om in alle opsigte ooreenkomstig die bedoeling van God te lewe nie. Immers, die Here weet van watter stoffasie ons gemaak is. Daar is nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, se die Woord. Die nuwe Testament wil egter wegdoen met enige lukraak hantering van die huwelik en ʼn besef van die heiligheid daarvan tuisbring.

Daar is soveel mense wat met die pyn, teleurstelling en somtyds verwyte rondom egskeiding saamleef. Dat dit ʼn pynlike ervaring is, is inderdaad so. Dis ʼn losskeur van iemand aan wie God jou verbind het. Die eenheid van die huwelik is in sy wese onlosmaaklik. Tog gebeur die lewe en teleurstelling en mislukking is te ene male deel daarvan.

Indien dit op jou van toepassing is verkondig ek graag die genade van God, sy bereidwilligheid om te vergewe en ʼn nuwe toekoms voor jou oop te breek.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Skoondogter ·

Ek leef vandag nog met die gevolge van my skoonmense se egskeiding. Na jare baklei die twee steeds oor geld en aandag van die kinders. Een ouer is vervreemd van die kinders. Emosioneel en finansieel is die las in my huwelik so swaar dat ek soms ook lus is om weg te stap van twee mense se bol gemors (lees kk), wat hulle in hul kinders se lewens agter gelaat het en wat so ook oorspoel na my huwelik, maar dan dink ek dat ek nie die siklus in my eie kinders se lewens wil herhaal nie. Intussen sit ek eenkant en wroeg oor hoe om al die struikelblokke in my huwelik te oorkom omdat my man met soveel verwronge idees en bagasie sit.
In die voorhuwelikse berading wat ons gehad het, het iemand gese: Die grootste rede vir egskeiding is selfsug. Ek koop dit. Gaan kyk maar…mense pleeg egbreuk uit selfsug bv. want hulle eie selfsugtige behoeftes is belangriker as hulle huweliksmaat of kinders sn. Ek verafsku en verkwalik my man se ouers vir dit wat ek vandag moet deurmaak omdat hulle nie kon vasbyt en werk deur hulle gemors nie. Altwee van hulle is ewe selfsugtig…die eie EK het swaarder geweeg as die wil om verantwoordelikheid te dra vir hul keuses…en na 20jaar…het niks verander. Hulle volwasse kinders moet steeds kies tussen hulle ouers…of middelmannetjie speel of finansieel voorsien.

w ·

Wel, my mening is dat daar soveel vrouens is wat trou vir finansiele sekuriteit, en dan skei om onderhou te word. My eks het ek gevang op heterdaad in my eie huis met n ander man. Sy het net daar gese sy wil skei en gaan saam met die ander man wat sy 19 ure gelede vir die eerste keer ontmoet het. Sy dagvaar vir n egskeiding, vat my 2 jarige dogtertjie weg van my en ek moet onderhoud betaal. NIEMAND wou weet of het omgegee wat het aanleiding tot die skei gegee het nie. Die hof en almal hoor net dis n ma met n minderjarige kind. Shame……….. En die vrou kry alles reg en loop met alles weg, shame die arme vroutjie met die minderjarige kind! Skeisake sal gehalveer word as die wetgewing verander tov. onderhoud. Die party wat verantwoordelik is vir die opbreuk van die huwelik, kry geen onderhoud nie. Dit sal duisende vroue tweekeer laat dink………..

interessant ·

dis nou n storie wat my verskriklik pla
Nog nooit getroud maar saam n man wat geskei is en sy vrou is reeds getroud
staan daar dis nie iewers dat mens wel mag skei indien die een persoon ongetrou was?
Dit pla my soms verskriklik want probeer reg lewe Wil nie hel toe nie
maar ook so life vir die man al 5jaar saam
En steeds wonder ek

GETROU ·

Trou is so spesiaal en wonderlik
meestal dogtertjies se droom van kleins af
Mense trou te jonk en wil dan gaan jol as hul eindlik uitgejol moet wees en reg vir settle
Mense trou te vinnig of soms onder druk van die ouers en dan gebeur egskeidings
getroud tot die dood ons skei…..nee nie vandag nie want skei is maklik deesdae
liefde is n werk woord

Maria ·

Ek is geskei opsie. Ek daaruit geleer dit NIE Here wat 2 pare gekies om een te wees nie . Here gee elkeen vir ons vrye keuse wie jy wil trou want Here in sy hande is volmaak. Here waarsku altyd vir ons om regte persoon te kies maar deur ons eie selfsug, ongeduldig, hardkoppig ,sondig hart, ongehoorsaamheid voor huiwelik sex, leuns daar 3 party in jou hart “eerste liefde”ens. In huiwelike daar GEEN/TYD/PLEK vir Godiens en veral man van Prieser in die huis nie maak duiwel se deur oop .
Egbreuk: As getroude paar wie die verhouding het met ander getroude persoon (self singel persoon) het en trou met mekaar is egbreuk. Intersant ook lees Matteus 5:28 Maar Ek se vir julle elkeen wat as n ander vrou kyk en lus kry om by haar te slaap het klaar in sy hart sonde gedoen en EGBREUK gepleeg . Opsie almal skuldig!

Ekke ·

Grootste rede vir my is dat mense nie meer alles saam doen nie. Vrouens en vriendinne doen hulle ding so ook mans en hulle vriende. People who pray together, stay together.

GM ·

Die vraag wat ek wil vra – Beteken dit God het ‘n paartjie saamgevoeg net omdat die twee besluit het om te trou? Dalk het hy iemand anders vir jou ingedagte gehad, maar jy het besluit om oorhaastig te wees. Dan het julself mos besluit om saamgevoeg te word? Hoeveel paartjies weet voor die tyd hul pas nie bymekaar nie, maar die man of vrou dink ‘ek sal hom/haar kan verander’?

Dankbaar ·

Ons Skepper, die ENIGSTE Alwetende, Alomteenwoordige, Almagtige God moet in beheer van ons lewe wees – enige plek waar EK inkom, gaan op chaos afloop. Die Woord sê nie verniet “Vra na die WIL van God in ALLES wat jy doen. Hy sal die REGTE pad vir jou wys.” nie (Spr 3:6) Hy het vir ons die beste Handleiding gegee – om Sy kinders te beskerm want HY weet alles vooruit. Hy weet of hierdie verhouding waarin jy tans is, van HOM af is. Die vraag is, as God vir jou uitwys hierdie man/vrou is nie reg vir jou nie, en al is jy HOE lief vir hom/haar, gaan jy HOM gehoorsaam of jou eie kop/gevoelens volg…..? Ons moet ophou om God en die ander persoon te blameer – hoe erg dit ookal klink, die fout is gewoonlik by MYSELF (daar by die BEGIN waar EK ‘n besluit moes maak oor ‘n vriendskap/verhouding). Ons lewe gaan alles oor keuses. God sal jou eer as jy die regte besluit maak… Hou vas aan HOM – HY IS BETROUBAAR!

Dankbaar ·

Hierdie besluite moet geneem word VOOR jy trou. Dan kom daar natuurlik die versoekinge op die pad terwyl jy getroud is, maar weereens gaan dit oor JOU KEUSE of jy daai verhouding/vriendskap met die 3de party summier gaan stop of nie – ons het ALMAL daai “stemmetjie” gekry wat vir jou vertel “iets” is aan die broei – maar dis JOU KEUSE, God het nog nooit enigiemand gedwing nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.