ToekomsVenster: ’n God van genade

grassade

(Foto: Anton Darius | @theSollers/Unsplash)

Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep – Joël 2:12-13

Wat is die mens dat U aan Hom dink? Dit is die bekende woorde van Psalms 8.

Die skoppelmaai bestaan van Christene; vandag opgewonde oor wat God verteenwoordig en doen, môre uitgekuier met genade. Vandag ywerig en vurig besig in sy Koninkryk, môre koud en afsydig. Vandag naby en môre ver. Vandag beskikbaar en bereid en môre vol verskonings. Soos die golwe van die see.

Soms kalm en dan weer onrustig en onstuimig.

Paulus verwoord sy ongemak daarmee in Romeine 7: “Dit wat ek wil, dit doen ek nie, en wat daarop volg.”

Dit is waar dat ons almal sulke oomblikke beleef, oomblikke van ekstase oor die goedheid en guns van God en dan weer oomblikke van afsydigheid en amper vervreemding. Tog behoort die dieper oortuiging dat ons aan Hom behoort en dat Hy ons inning liefhet,  telkens sterker en sterker na vore te tree.

Hoe merkwaardig word God nie in hierdie gedeelte beskryf nie. Lees gerus die hele gedeelte op jou tyd en bepeins dit.

Ons God is genadig, barmhartig, lankmoedig, ʼn God van liefde. Selfs al voel ek nie so naby aan Hom as wat ek begeer nie, selfs al het ek die pad byster geraak en bevind myself soos die verlore seun tussen vark se peule en vuil, bly Hy ʼn God van genade. Ons het net nodig om ʼn besluit te maak en terug te keer na die Vaderhuis. Hy wag voortdurend op ons tuiskoms, die vetgemaakte kalf  gereed op stal en nuwe skoon en vars klere uitgepak.

Trots weerhou ons meer dikwels van terugkeer. Om te erken dat ons verkeerd gehandel het, dat ons eie wysheid ons ernstig in die steek gelaat het, dat ons vriendekring ons versaak het is nie maklik nie.

Die Here hou nie van ʼn hoogmoedige mens nie. Hy begroet nederigheid en uitbundige genade.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here dankie vir genade en liefde…daarsonder is ek niks…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.