ToekomsVenster: ʼn God wat begaan is oor mense, stede en diere


walvis-stert

Foto: Angelo_Giordano/Pixabay.com

Lees: Jona 1-4

Ons het dikwels in ons lewens ʼn aantal passies, waaronder die roeping en bediening wat die Here aan ons toevertrou het. En die feit dat ons ʼn bedieningspassie het, neem dit nie weg dat ons ook ander passies (“komkommerplante”) in ons lewens het nie, maar die vraag is sekerlik: “Hoeveel gee jy werklik om vir Ninevé?” “Hoeveel gee jy werklik om vir die bediening of gemeenskap waartoe die Here jou geroep het?” Bid van die Here dat Hy die passies van jou hart sal ontbloot, maar ook deur sy Gees en Woord sal suiwer / fokus.

Iets om oor na te dink

Ons loop een van die treffendste beskrywings van bekering in die Skrif raak hier in Jona: “Die berig het ook by die koning van Ninevé uitgekom. Hy het van sy troon af opgestaan en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op ʼn ashoop gaan sit” (3:6). Die Hebreeuse woord wat gebruik word vir die berig het uitgekom, is nagáh: to touch; lay the hand upon; to reach; to strike. Dalk is dit ʼn beter vertaling: die berig het die koning getref!
Lees 1 Korintiërs 2:4 – “Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees.” Dink na oor jou eie bekering en hoe die berig / boodskap / evangelie jou getref het.

Gebed

Here, dankie dat U niks ontsien het om ook my te tref nie, om my van my troon af op my knieë, voor U te kry. En dankie vir die bevryding en nuwe lewe wat U vir my gebring het. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.