ToekomsVenster: ʼn God wat liefhet


blom-liefde-hande-ring

Foto: René Roux.

Lees: Johannes 3:16

2 Korintiërs 5:16 lees: “Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het.” Dring (συνέχω) kan vertaal word as to preoccupy; to compel; to be in a strait; to lie sick of. So, ek het gewonder of ons nie by die frase Die liefde van Christus dring ons “vir […]” kan bylas om soos volg te lees nie: Die liefde van Christus [vir…] dring ons / my. Die vraag wat jy dan invul ná die “vir…”, is om tot die insig te kom dat Jesus ook vir “hulle” gesterf het, Jesus se passie vir so-en-so volkegroep of so-en-so gemeenskap of so-en-so individu en dat Sý passie vir […] jóú passie vir […] word!

Raak prakties

Neem die frase Die liefde van Christus vir […] dring my vandag na jou binnekamer, bring ʼn lang, stil tyd met die Here deur om waarlik te hoor(!) wáár en by wié sy liefde lê en vra sy Gees om jou ook tot insig te laat kom oor jou(!) vir wie…!

Iets om oor na te dink

ʼn Christen het een maal vertel dat ʼn Hindoe-kollega na hom gekom en vertel het hoe hy hom dopgehou het om te sien of sy Christelike belydenis bevestig word in ʼn Christelike lewenswyse. Die Hindoe-kollega het gesê dat hy getref was deur Johannes 3:16, dat die Christene se God liefhet, en dan sóveel liefhet dat hy gee(!) – sy enigste Seun gee. Die tweede ding wat hom getref het, was om sy Christen-kollega dop te hou om te sien of hy liefde leef! En dít het hom oortuig … ʼn God wat liefhet en gee, en ʼn Christen wat liefhet en gee! Wat ʼn kragtige getuie en ambassadeur-wees!

Gebed

Here, wys my. Here, wys my. Here, wys my. Here, nie mý passies of gedagtes nie, maar ú passies, ú liefde vir […]. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Smith ·

God is liefde maar Hy het ook gese ons moet nie in selfde tuig as die ongelowige trek nie. Jymag geen ander God dien nie. God HAAT die sonde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.