ToekomsVenster: ’n Kairos-oomblik hier benodig

(Foto: Jan Kroon/Pexels)

“Luister hier! ‘n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het ‘n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. ‘n Ander deel daarvan het op ‘n klipbank geval, waar daar nie baie grond was nie. Dit het gou opgekom, omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval. Die onkruid het opgekom en dit laat verstik, en dit het nie saad geskiet nie. Die ander saad het in goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en ‘n oes gelewer. Party het dertigvoudig gedra, ander sestig- en nog ander honderdvoudig.” – Mark. 4:3-8

Ons kuier met mekaar saam rondom die bekende gelykenis van die saaier. Ons het nou al met mekaar uitgemaak dat die probleem, as ʼn  probleem ter sake is, nie die saaier is nie. Dit is ook nie die saad nie. Dit is nie eers die duiwel of die elemente wat daar genoem word, die son, die hitte, die koue en die onkruid nie, die uitdaging lê b by die grond.

Ons gebruik taal wat die moontlikheid om te kan verander sommer uit die staanspoor onderploeg. Die probleem is die grond – nee – dis nie ʼn probleem nie, dit is ʼn uitdaging, ʼn geleentheid, ʼn uitnodiging, ʼn nuwe verstaan waartoe die grond uitgenooi word.

Die kwessie vorder ook nie as die grond die elemente of die ander grond verwyt nie. Dit is wat ons ongelukkig gewoonlik doen, nie waar nie. Ons sê maklik dit was die duiwel, die klimaat, dit skort met die saad of die saaier. Dit is die seisoen, die vooraf bewerking, die verwagting wat onrealisties is. Die grond kan nie verander terwyl dit skuld uitdeel, van vele verdedigingsmeganismes gebruik maak nie. Ons praat van projekteer.

Nee, ons het ʼn kairos-oomblik nodig, ʼn oomblik van waarheid.

“It’s not my mother, brother, sister of father standing in the need of prayer, it is me o Lord. It is not my circumstanes, my background, my heartache and rejection Lord, it is me standing in the need of prayer”.

Die grond moet met homself handel.

Dit is ʼn minder aangename en ontwrigtende proses waarin die grond dinge in die oë moet kyk wat nie aangenaam is nie. Dit bring seer, verwerping, geleenthede en ervarings na die oppervlak. Dit vra vir eerlikheid, broosheid, deursigtigheid maar dit is die enigste wyse waarop die grond rehabiliteer kan word.

Solank as wat die grond in ontkenning leef, ander verwyt, verskonings aanbied, bly dit gevange.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willene ·

Ek is so bevoorreg vandag,baie dankie aan die leiers .
Afrikaans is die mooiste taal….Die idiome en gesegdes moet behoue bly vir die toekoms se jongmense.Werk hard asseblief om mense te herinner om met kleurryke woorde en nie gemeng met engels in Afrikaans te gesels nie. Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.