ToekomsVenster: ’n Klein vuurtjie

Argieffoto: Noah Berger/AP.

‘n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ‘n vuur, ‘n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. – Jak.3:5-6

My seun het ʼn stukkie grond en ek weet hoeveel spanning veldbrande veroorsaak. Wanneer die vlamme, aangepor deur die wind wat boonop kort-kort van rigting verander op jou belange afpeil, word hard gebid. Al wat oorbly nadat die vuur met sy vernietigende werk klaar is is die onwelriekende geur van die veldbrand en hopies as. Hier en daar smeul dit nog.

Soos so ʼn vuur vernietigend kan wees, kan die tong, as dit onbeheerst aan die werk is, baie skade berokken. Die Bybel praat van ʼn “wêreld van ongeregtigheid”.

Mens kan die onbeheerste misbruik van die tong vir watter rede ook al nooit regverdig nie. Boonop vergiftig dit jou eie gestel sonder dat jy dit agterkom. Die beroof jou van vrymoedigheid teenoor God en teenoor ander. Die stryd met die tong is inderdaad ʼn lewenslange stryd. Indien dit nie oorwin en onder beheer van die Heilige Gees geplaas word nie veroorsaak dit enorm skade. Die bron van al die venynigheid is tog bekend en oorlopend. Die bose wat sy afbrekende agenda in en deur die lewens van mense, selfs Christene voortsit.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blondie ·

Ek is self skuldig daaraan. Here vergewe my en help my om my tong te beheer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.