ToekomsVenster: “ʼn Land wat vloei met melk en heuning”


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Eksodus 3:8 Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na ʼn goeie en uitgestrekte land, ʼn land wat oorloop van melk en heuning. Dit is die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.

In aansluiting by gister, moet ons mekaar daaraan herinner dat God se bedoeling nie woestyn is nie, maar beloofde land. Dit was immers die belofte van die begin af. “ʼn Land wat vloei met melk en heuning”.

In Israel se geval was dit ʼn fisiese ruimte. Die slawerny in Egipte, vir meer as 400 jaar, het by hulle ʼn versugting laat ontwaak dat God uitkoms sou bring. Ons is meer as bekend met die geskiedenis, nie waar nie?

Na jare se omswerwing, staan hulle aan die vooraand van die inbesitname van die belofte. God was getrou. Te midde van hul ontrouheid, hardheid van hart en rebellie, het die Here hulle nou by hierdie geskiedkundige oomblik gebring, waar hulle die belofte in besit kan neem.

Aan die anderkant van die Jordaan lê die nuwe toekoms.

Melk en heuning, stede wat hulle nie gebou het nie en landerye wat hulle nie bewerk het nie. Geleenthede waaroor hulle net kon droom.

Uiteraard gaan die beloofde land uitdagings bied. Maar die God van die woestyn sal seker in die land van belofte kan help.

Hoe ver het jy gevorder op die pad na die inbesitname van die belofte?

Wat het God jou belowe en waarom het jy nog nie daarin tuisgekom nie?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liena ·

Baie dankie, pragtige boodskap. Prys ons Almagtige Hemelse Vader

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.