ToekomsVenster: ’n Mens meng nie met ‘hulle’ nie

drukkie-kyk-goed-na-ander

Foto: Pixgood.com

“Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.” – Kolossense 3:11

Die samelewing in die tyd van die Nuwe Testament is gekenmerk deur uiteenlopende groepe mense. Mense wat elkeen hulle plek geken het en selde, indien ooit, met mekaar gemeng het – veral die godsdienstiges.

Die mense van die bo-dorp wou nie hê hulle kinders moet met die kinders in die onderdorp speel nie, die godsdienstiges het die sondaars vermy en die Jode het neergekyk op die Samaritane omdat hulle dit oor die kultuurgrens gewaag het en volgens hulle ’n dwaalleer verkondig het; mans was belangrik en vroue onderdanig… elkeen moes sy plek ken.

Paulus was anders.

Hy het soos Jesus hierdie grense oorgesteek en ander aangemoedig om dit ook te doen, want almal is vir God belangrik.

Nou die dag bel ’n tannie my. Sy wil ou klere skenk vir een van ons Echohuise. “Maar dit mag net vir ‘ONS MENSE’ gaan” sê sy.

“Bedoel tannie met ‘ons mense’ mense vir wie God gemaak het en Jesus gesterf het?” vra ek.

Dis ’n oomblik stil aan die anderkant van die lyn. Toe sê die tannie: “Ja, dis wat ek bedoel.”

Gedagte

Hoe sou jy die woorde “hoogmoed” en “snobisme” omskryf?

Is God volgens Jesus en Paulus liewer vir die Jode as vir die Palestyne, liewer vir die Amerikaner as vir die Siriër, liewer vir die Afrikaner as vir die Keniaan, liewer vir die kerkmens as vir die straatmens, liewer vir mans as vir vroue? Waarom sukkel Jesus se volgelinge so om dit ook reg te kry?

Gebed

Vader, bewaar ons daarvan om neer te kyk op mense wie u geskape het en vir wie Jesus gesterf het. Maak Paulus se droom in Kolossense 3:11 ook waar in ons tyd. Amen.

Onthou die tyd van gebed vanaf 25 Mei (Hemelvaart) tot 4 Junie (Pinkster).

Die huidige knelpunte roep ons om ernstig te bid vir ons land en sy uitdagings met die verwagting dat die Here ons sal gebruik om die verskil te leef. Christene word opgeroep om daagliks te bid net waar hulle hulself bevind, veral gedurende die goue uur van gebed vanaf 12:00-14:00.

Daarbenewens word gelowiges uitgedaag om veral saam met onbekende mense te bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cobus ·

Dit is jammer dat die brief van Paulus so mis verstaan word. Om dit te verstaan moet ons na die geskiedenis van Israel kyk. Soos YAHWEH die God van Israel ‘n Waarmaker van Sy Woord is, is Israel vanweë hulle ongeregtighede Gestraf met die Vloeke van DEUTERONÓMIUM 28 en Levitikus 26. Onder andere sluit dit Verstrooiing in. Met die ballingskappe is al 12 Stamme verstrooi (Jakobus 1:1). Hulle het toe bekend gestaan ooreenkomstig waar hulle gebly het. Paulus self verduidelik dat hy ‘n Romeinse burger is, maar dat hy uit die Stam van Benjamin is. Nou word gedeeltes soos hierdie verkeerdelik gebruik om vernietigende integrasie goed te praat. Die Koning gaan terugkom en dan wil ek nie in diegene se skoene wees nie!

MCH ·

Cobus, groot amen op jou kommentaar. Om presies te wees is die Noordelike 10 stamme reeds 400 jaar voor Juda en Benjamin weggevoer deur die Assiriërs en het nooit teruggekeer na hul land van oorsprong nie. Hul het totaal goddeloos geraak.Juda, wat n paar goeie Konings gehad het , is deur die Babiloniërs weggevoer maar het 70 jaar later teruggekeer. Dis endemies aan ons tyd dat die Woord uit verband bepreek word. In Daniel is n profesie dat Wet en tyd verander sal word. Ons sien dit vandag met die Sabbat wat geskuif is na Sondag (321NC by beraad van Nicea deur Konstantyn ) Verder ook is die Heilige Fèesdae soos Pasga, Huttefees ens vervang deur Easter, Kersfees ens.

Dom Saartjie ·

Met ander woorde, as ek julle reg verstaan, is die Bybel net van toepassing op etniese of kulturele of taalgroepe soos die Romeine, Grieke, Jode en Assiriërs wat bekend was aan die ‘skrywers’ van die Bybelboeke? Dit beteken dan dat die meeste Europeërs, Noord-Amerikaners, en ook blanke Afrikaners se omstandighede glad nie deur die Bybel aangespreek word nie?

MCH ·

Dis wat gesê is nie. Lees 2 Petrus 3:15-16.” En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte tot hul eie verderf.” Petrus sê Paulus se briewe is moeilik om te verstaan. Natuurlik spreek dit tot die nasies aangesien dit hoofsaaklik is waarheen die verlore 10 stamme heen is. Ons kierings braai nou almal want daar word gepredik die Wet is aan die kruis gespyker terwyl dit net die vervloeking is. Maar steeds hou ons nie die Sabbat of God se Heilige dae ens nie. Ons is krimis en easter georienteerd. Daarom word ons trots gebreek ens. Lees gerus Levitikus26:3-43. Ook wat Yeshua aan Johannes openbaar in Openbaring 22:14 “Salig is die wat sy gebooie doen….”

sl ·

Daar was 2 opstande teen God gewees en woed voort in die mensdom; eerstens “Julle sal soos God wees” en Die toring van Babel waar die mense een volk wou wees. Paulus het nie die grense opgehef nie. Man bly man en vrou bly n vrou al is daar voor God in Christus nie ñ verskil in hul vir lossing nie, net so bly ñ jood ñ jood en ñ Griek ñ Griek. Die een word nie die ander nie.Want God is Ñ God van orde .HOOGMOED IS AS JY JOU BO GOD SE WOORD STEL.D.W.S AS JY SLIMMER AS DIE WOORD WIL WEES.Daniël2.vs 43 ( hierdie revolusionêre tyd)en vs 44 (wat Chritus met sy koms gaan doen) kry vir jou eerder 1933 of King James vertaling)

Anoniem ·

Ek verskil van jou definisie: hoogmoed is wanneer jy dink jy is om een of ander rede beter as iemand anders.

sl ·

Anoniem dis ñ eng humaniestise definiesie van hoogmoed, die volle Bybelse betekenis is 1ste :diè hoogste hoogmoed is ,as mense dink hulle is beter as God (slimmer as God) dus hul verhef bo God . bv Daniel 4 en 5 waar Nebukadnèser en later Belsasar en openb.22vs 18 en 19 Deut.18vs20. Daar is hoogmood tot die naaste, maar dis in die tweede gebod vanuit die 1ste groot gebod Matt.22vs 34 tot 40 . 1933 vertaling

Frans Stephanus Maritz ·

Waneer jy jou hoerag as ander mense dit is hoog moet .

sl ·

ons blankes is beslis nie israel nie. Noag se seuns het al die profetiese voorspellings oor al die volke ontvang. So word al twee beloftes aan Abraham weer bevestig ( Die genade wat na die uitverkorens van die heidene gaan en israel as volk 12 stamme) In jesaja word die 2 beloftes weer herhaal Jes.49 vs 5 en 6 en nog baie plekke in die outestament. Te veel om op te noem .As jy wil kyk hoe word israel herstel kyk o.a. naa Esèg.36 vs.20 tot 38 en Esèg 37 Sag.12 vs 9 tot 12 en Sag.14 . In die nuwe testament is die tweërlei belofte lukas 2 vs 31 en 32 . Rom.11 openbaring 7 verder net op israel Luk.21 vs 24. Matt.23 vs38 en 39 Wat sondag en die sabbat betref beteken Chistus opstanding vir jou niks.ps.118 van vs 20 tot 26 .Mark. 16 vs 9. Die reinig offers was op die 7de en 8ste dag(is die 1ste dag van die week) . Die eerste gemeentes het die 1ste dag van die week vergader.Paulus het net die jode op die 7de dag toegespreek.Wat Daniël betref ,”tye en geleenthede wat verander” is onder die persoon van die anti-chris. As iemand hom self onder die leer van British-israel of soortgelyke leer stel dat die heidene israel is moet hy gerus gaan kyk wie die stigter van die sekte was

MCH ·

Wys asb waar word opdrag gegee dat ons die Sabbat moet skuif na Sondag? Gaan lees die Rooms Katolieke kerk se geskrifte en jy sal sien dat hul self erken hul het die Sabbat geskuif sonder Skriftuurlike gesag. Die been koms op die eerste dag was n been koms nie n Sabbatviering nie. Die Een wat tyd gemaak het, het gesê Hy sal drie dae en drie nagte in die graf wees. Dis 72 uur. Indien Hy Vrydag gekruisig is en Sondag op gestaan het, kort jy baie tyd. Onthou die dae was daardie tyd van sononder tot sononder. Hy het Pasga saam met Sy dissipels geniet die aand, dus reeds die nuwe dag. Hy is later die aand gevang en gedurende die dag gekruisig. Pasgavierings het ook n jaarlikse Sabbat, dis hoekom gesê word die Sabbat was groot. Dit was Woensdag 31NC drie dae en nagte later was die weeklike Sabbat, Saterdag. Laat middag opgestaan dus toe donker toesak was Hy reeds uit die graf. Ons ken die Heilige dae nie dis hoekom ons elke storie glo as die perd 7 jaar geswot het. Hy het nie op die eerste dag van die week opgestaan nie. Hy is op Pasga gekruisig en dit simboliseer die Bloed teen deurkosyne.

MCH ·

Nou wie het iets van die sekte gesê. My navorsing kom uit die Woord en sekulêre geskiedenis wat enigeen kan naslaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.