ToekomsVenster: ’n Mens meng nie met ‘hulle’ nie

drukkie-kyk-goed-na-ander

Foto: Pixgood.com

“Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.” – Kolossense 3:11

Die samelewing in die tyd van die Nuwe Testament is gekenmerk deur uiteenlopende groepe mense. Mense wat elkeen hulle plek geken het en selde, indien ooit, met mekaar gemeng het – veral die godsdienstiges.

Die mense van die bo-dorp wou nie hê hulle kinders moet met die kinders in die onderdorp speel nie, die godsdienstiges het die sondaars vermy en die Jode het neergekyk op die Samaritane omdat hulle dit oor die kultuurgrens gewaag het en volgens hulle ’n dwaalleer verkondig het; mans was belangrik en vroue onderdanig… elkeen moes sy plek ken.

Paulus was anders.

Hy het soos Jesus hierdie grense oorgesteek en ander aangemoedig om dit ook te doen, want almal is vir God belangrik.

Nou die dag bel ’n tannie my. Sy wil ou klere skenk vir een van ons Echohuise. “Maar dit mag net vir ‘ONS MENSE’ gaan” sê sy.

“Bedoel tannie met ‘ons mense’ mense vir wie God gemaak het en Jesus gesterf het?” vra ek.

Dis ’n oomblik stil aan die anderkant van die lyn. Toe sê die tannie: “Ja, dis wat ek bedoel.”

Gedagte

Hoe sou jy die woorde “hoogmoed” en “snobisme” omskryf?

Is God volgens Jesus en Paulus liewer vir die Jode as vir die Palestyne, liewer vir die Amerikaner as vir die Siriër, liewer vir die Afrikaner as vir die Keniaan, liewer vir die kerkmens as vir die straatmens, liewer vir mans as vir vroue? Waarom sukkel Jesus se volgelinge so om dit ook reg te kry?

Gebed

Vader, bewaar ons daarvan om neer te kyk op mense wie u geskape het en vir wie Jesus gesterf het. Maak Paulus se droom in Kolossense 3:11 ook waar in ons tyd. Amen.

Onthou die tyd van gebed vanaf 25 Mei (Hemelvaart) tot 4 Junie (Pinkster).

Die huidige knelpunte roep ons om ernstig te bid vir ons land en sy uitdagings met die verwagting dat die Here ons sal gebruik om die verskil te leef. Christene word opgeroep om daagliks te bid net waar hulle hulself bevind, veral gedurende die goue uur van gebed vanaf 12:00-14:00.

Daarbenewens word gelowiges uitgedaag om veral saam met onbekende mense te bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cobus

Dit is jammer dat die brief van Paulus so mis verstaan word. Om dit te verstaan moet ons na die geskiedenis van Israel kyk. Soos YAHWEH die God van Israel ‘n Waarmaker van Sy Woord is, is Israel vanweë hulle ongeregtighede Gestraf met die Vloeke van DEUTERONÓMIUM 28 en Levitikus 26. Onder andere sluit dit Verstrooiing in. Met die ballingskappe is al 12 Stamme verstrooi (Jakobus 1:1). Hulle het toe bekend gestaan ooreenkomstig waar hulle gebly het. Paulus self verduidelik dat hy ‘n Romeinse burger is, maar dat hy uit die Stam van Benjamin is. Nou word gedeeltes soos hierdie… Lees meer »

sl

Daar was 2 opstande teen God gewees en woed voort in die mensdom; eerstens “Julle sal soos God wees” en Die toring van Babel waar die mense een volk wou wees. Paulus het nie die grense opgehef nie. Man bly man en vrou bly n vrou al is daar voor God in Christus nie ñ verskil in hul vir lossing nie, net so bly ñ jood ñ jood en ñ Griek ñ Griek. Die een word nie die ander nie.Want God is Ñ God van orde .HOOGMOED IS AS JY JOU BO GOD SE WOORD STEL.D.W.S AS JY SLIMMER AS… Lees meer »

sl

Anoniem dis ñ eng humaniestise definiesie van hoogmoed, die volle Bybelse betekenis is 1ste :diè hoogste hoogmoed is ,as mense dink hulle is beter as God (slimmer as God) dus hul verhef bo God . bv Daniel 4 en 5 waar Nebukadnèser en later Belsasar en openb.22vs 18 en 19 Deut.18vs20. Daar is hoogmood tot die naaste, maar dis in die tweede gebod vanuit die 1ste groot gebod Matt.22vs 34 tot 40 . 1933 vertaling

Frans Stephanus Maritz

Waneer jy jou hoerag as ander mense dit is hoog moet .

sl

ons blankes is beslis nie israel nie. Noag se seuns het al die profetiese voorspellings oor al die volke ontvang. So word al twee beloftes aan Abraham weer bevestig ( Die genade wat na die uitverkorens van die heidene gaan en israel as volk 12 stamme) In jesaja word die 2 beloftes weer herhaal Jes.49 vs 5 en 6 en nog baie plekke in die outestament. Te veel om op te noem .As jy wil kyk hoe word israel herstel kyk o.a. naa Esèg.36 vs.20 tot 38 en Esèg 37 Sag.12 vs 9 tot 12 en Sag.14 . In die… Lees meer »