ToekomsVenster: ’n Mens met sy eie persoonlikheid


ToekomsVenster-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.ter

Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief vra jou om vandag na te dink oor jou persoonlikheid. “Gesels met God oor wie jy werklik is en wie jy wil wees,” sê Pelser.

Iemand in die Bybel wie se persoonlikheid sterk uitstaan en ontwikkel is Petrus. Jeus het die kern van sy persoonlikheid goed raakgevat en uitgelig toe hy vir hom gesê het: “Jy is Petrus, en op hierdie rots sal ek my kerk bou” (Matteus 16:18).

Elke mens se persoonlikheid bevat elemente wat ons by ons ouers oorgeërf het, sowel as aspekte van gedrag wat ons aangeleer het. Terwyl daar seker biologiese dinge is wat ons nie kan verander nie, is daar – veral wat ons gedrag aanbetref – ander dinge wat ons kan verander.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.