ToekomsVenster: ‘n Nuwe hoofstuk en geleentheid


die-klip-voor-Jesus-se-graf

Foto: Rc.net

Die klip by die graf praat nou ʼn ander taal. Eers, toe dit nog voor die graf gerol was, het dit mense weggehou. Dit het letterlik gesê – “tot hier en nie verder nie. Dis die einde van die pad. Daar is geen toekoms nie, net maar die dood en doodsheid wat daarmee verbind is”.

Nou, egter, verkondig die weggerolde klip ʼn ander boodskap. Dit nooi uit om te kom kyk en te beleef dat die dood gewyk het en die toekoms oopgebreek is. Dit vertel van ʼn nuwe hoofstuk en geleentheid en getuig entoesiasties dat die Here opgestaan het. Kinders van die Here kan met hoop lewe en ander met oortuiging daartoe uitnooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.