ToekomsVenster: ’n Nuwe liggaam

bid-vrou-son-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek; wat gesaai word, is gering en word in heerlikheid opgewek; wat gesaai word, is swak en word in krag opgewek. ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Die Boodskap vertaling: Die liggaam wat begrawe word, is vol gebreke, maar oor ons nuwe liggaam sal ons maar net kan oorloop van trots. – 1 Kor.15:42-43

Ons het verlede week ietwat gekuier oor die realiteit van die dood, iets waarna ons nie normaalweg uitsien nie. Uiteraard kan ons met die realiteit nie onderhandel nie. Dit is integraal deel van elke mens se reis.

Paulus beantwoord ʼn aantal kwelvrae wat in die harte van die gemeente in Korinte leef. Dwaalleraars het die gelowiges verwar en ontstel en hulle soek klarigheid by hul mentor. Benewens die noodwendigheid van die dood wys Paulus op die transformasie wat plaasvind met betrekking dit wat gesaai en dit wat daarna te voorskyn kom. Hy werk die dramatiese verskil in die volgende verse uit.

In die eerste plek sê Paulus, wat gesaai word, in hierdie verband die menslike liggaam, is verganklik maar word in onverganklikheid opgewek. Ons is van ʼn brose substansie gemaak. Hoe merkwaardig die handewerk van God ook al mag wees, wat ons bestaan aan hierdie kant van die ewigheid betref, is dit van verbygaande aard.

Ons verweer en gaan agteruit.

As jy oud genoeg word begin dit wat jy as vanselfsprekend aanvaar het. As jy heelwat ouer is praat die prediker grafies oor wat ter sprake is.

Dit is die tyd wanneer die wagters van die huis sal bewe, die sterk manne waggel en die malers ophou maal omdat hulle min geword het, die tyd wanneer dit donker word vir dié wat deur die vensters kyk, wanneer die deure na die straat toe toegemaak word, die geluid van die meul dof word, die tyd wanneer ‘n mens opstaan as die voëls begin sing al hoor hy geen lied meer nie. Dit is die tyd wanneer hy bang is vir ‘n hoogte en vir alles op die pad skrik, die tyd wanneer die amandelboom in bloei staan, die sprinkaan homself moeisaam voortsleep… – Prediker 12:3-5

Sonder om in besonderhede in te gaan verwys die Prediker na die sintuie, krag en ander vermoëns van die mens. Dit is verganklik en hou net vir ʼn tyd.

Daarteenoor stel Paulus dit dat die verheerlikte liggaam nie aan die verganklikheid onderworpe is nie.

Die mens lewe in die ewigheid voort in volmaakte gesondheid en sonder vrees dat jy weer sal verouder. Dit insigself behoort al baie betekenisvol te wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Here Jesus dat U dit alles vir ons verwerf het..U het die dood oorwin…Amen