ToekomsVenster: ’n Nuwe mini-reeks oor die liefde

huwelik-eiland-liefde

Foto: Shifaaz shamoon/Unsplash.com

Ons begin met ʼn splinternuwe mini-reeks oor die liefde. Dis daardie tyd van die jaar waar tientalle huwelike bevestig word. Daar is romantiek en verwagting in die lug en dis besonders en mooi.

Uiteraard vorm die tema van die liefde ʼn belangrike vertrekpunt. Ons gaan vir ʼn tyd lank met mekaar daaroor gesels. In die teologie praat ons van misterie en paradoks. Daar is so baie wat ʼn mens nie verstaan wanneer dit by God en sy Woord kom nie.

Die beste wat teoloë soms kan doen is om die onverklaarbare as misterie en paradoks te beskryf. Toegepas op die liefde en die huwelik is die twee begrippe eweneens van toepassing. Dat twee mense by mekaar uitkom en besluit om die lewenspad verder saam aan te durf is misterieus. Uit al die mense wat die pad gekruis het juis daardie een. Somtyds staan almal verbaas dat twee totaal verskillende mense, uiteenlopend, mekaar kies. Dis ʼn paradoks wat buitengewoon interessant is en almal aan die praat het.

Hoe dit ook al sy, die huwelik is op liefde gebou en ons gaan heerlik saamgesels oor hierdie Goddelike gawe.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.