ToekomsVenster: ’n Oop teks vir 2020

Foto: Fotografierende/Unsplash.com

Mag ons nog vir ʼn dag of drie, selfs vyf, die gedagte aan ʼn nuwe jaar in oënskou neem asseblief. Ek is seker jy sal my dit nie verkwalik nie. Jy sal ook onthou dat ons aansluit by interessanthede en menings wat in die media gelug word. Baie daarvan herinner ons aan groot Evangeliese waarhede.

Die bekende Wilhelm Jordaan skryf sy rubriek onder die opskrif – “Skryf so saam aan die nuwe jaar se oop teks”.  Hy verwys na drie ingesteldhede wat in die harte van mense mag leef met betrekking tot die jaar 2020, ook waar ons in sy woorde nog in die “voorportaal” van die nuwe jaar verkeer.

Enersyds kan ons redeneer dat alles net slegter sal gaan in 2020. Uitsiglose pessimisme, sê hy. Tog lewe so baie mense met hierdie ingesteldheid.

Die tweede is dat dit darem nie slegter sal gaan as in 2019 nie maar self geen voorneme het om iets te doen om dinge beter daaruit te laat sien nie. Die derde hang daarmee saam: ʼn neutrale, op die afstand staan en onbetrokke bly mentaliteit, ongeag wat ook al gebeur.

Hy nooi sy lesers om anders te dink met die oog op 2020. Sien die lewe as ʼn “oop teks” waarvan ons die medeskrywers is. So help jy skryf aan 2020.

Dit is darem ʼn raakvat perspektief op die toekoms en inderdaad so Evangelies as wat jy kan kry.

Dit herinner my aan die pa wat sy seun wingerd toe stuur. Ek hoor Jesus wat Petrus maan om sy skape op te pas. Ek hoor Jesaja aanmeld vir diens. Jabes is entoesiasties oor sy groter grondgebied. Paulus se reikhalsende verlange eggo in my ore.

Ons mag nie swartgallig en negatief, ongelowig wees nie. Christene het die Gees van God in hulle. Hulle word geroep om ʼn verskil te maak.

Sal jy vandag begin om inhoud te gee aan die “oop teks” van ‘n ontvouende toekoms?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cauin ·

Pelser ? Werklik ? Gholf , dambord of iets . Maar Pelser ? Eysh

John ·

… ‘n oop teks? Ek dog ons mag geen jota of tittel byvoeg tot die Bybel nie. Wat was die waarhede uit die Bybel waarna aanvanklik verwys is?

OWO ·

Ek sien nêrens in die dagstuk dat na die Bybel verwys word as ‘n oop teks waarby ‘n jota of titel gevoeg mag word nie.Jy is reg.Dit mag nie.Die Bybel is vol waarhede.Die groot lyne van die Bybel is duidelik en staan vas.Die sake waaroor dit werklik gaan kom oor en oor voor,en is nie tot een boek beperk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.