ToekomsVenster: ‘n Oorvloed van vergifnis en voor begin


Die-verlore-seun

Foto: Magnoliabox.com

Lees Lukas 15:1-3, 11-32

Hierdie baie bekende gelykenis vertel vir ons op ‘n besonderse manier iets van God se oorvloedige genade en liefde. Jesus vertel die drie gelykenisse in Lukas 15 omdat Hy daarvan beskuldig word dat Hy Homself onrein maak deur sondaars te ontvang en saam met hulle te eet – iets wat ‘n toegewyde, godsdienstige Jood in daardie tyd nooit sou doen nie.

Ons sien en hoor hier iets van hoe God is. Aanvanklk sien ons Hom as die Vader wat nie ‘n kind, wat kies om sy eie pad te loop, probeer keer of terughou nie. Dit is ‘n liefde wat nie voorskryf of dwing nie. Dit gee vryheid, selfs die vryheid om groot foute te maak. Dit gebeur juis omdat God nie alles beheer nie. Ons moet dit goed verstaan. Nêrens leer die Bybel ons dat God in beheer van alles is nie. Ons lees wel dat God regeer en dat sy regering, goed en billik is. Ook dat dit alle tye omspan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Ontdek God se genade met dankbaarheid.
Jesus se bloed moet vir ons kosbaar wees,
dan kom die oorvloedige dankbaarheid vanself.
1 Petr 1:18-19

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.