ToekomsVenster: ʼn Pynlike ervaring


bekommernis

Argieffoto.

By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink. – Psalm 137:1

Ai, die ontsettende teleurstelling van die Godsvolk. Hul ergste nagmerrie, iets wat hulle in hul wildste verbeelding nie kon voorstel nie, het ʼn werklikheid geword.

Dis nie hoe hulle die beloftes van God verstaan het nie. Hoe moes hulle die gebeure van die afgelope tyd verstaan?

God kon tog nie opgee op die tempel, die fisieke gestalte van sy teenwoordigheid nie. Hy kon tog nie Jerusalem, die stad van Dawid, die Godstad, net so oorgee aan vreemde moondhede nie. Waar was Hy toe die vyand beleringswalle teen die stad se mure begin oprig het?

Nou bevind hulle hulself in die vreemde en het geen rede om te sing nie. Die instrumente wat in diens van die Leviete gestaan het en die lof van God moes verwoord, hang nou aan bome. Daar is geen doel daarvoor nie. Dit moes pynlik gewees het dat hul vyand spottend van hul vreugdeliedere gevra het.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.