ToekomsVenster: ’n Rede om bly te wees

vreugde-geluk-bly

Foto: Alejandro Alvarez/Unsplash.com

Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. – Markus 24:6

Sonder die opstanding is ons steeds verlore getuig Paulus in 1 Kor.15. Dit is juis die opstanding wat ons bemagtig om met oorgawe en oortuiging te leef.

Dwarsdeur die eeue was daar mense wat hul lewens vir ander gegee het. Dit is uiters verdienstelik en bewonderenswaardig. Dit kos mannemoed om jou eie lewe op te offer terwille van ander mense. Ook in ons eie tyd hoor ons van mense wat buitegewoon dapper is.

Die mense wat deur die heldedaad bevoordeel word sal seker baie dankbaar lewe. Dit is soos ʼn tweede kans. Dan word die lewe baie kosbaar.

Jesus het ook sy lewe afgelê vir mense. Dit is noemenswaardig as ʼn mens in ag neem dat Hy die Seun van die lewende God is. Ons, vanweë ons geneigdheid om die verkeerde te doen, was van die Vader vervreem. Jesus wou nie dat mense die ewigheid sonder hoop tegemoet gaan nie. Daarom gee Hy sy lewe.

Die groot verskil tussen Jesus en ander helde is dat hulle gesterf en begrawe is. Jesus egter het op die derde dag opgestaan uit die dood. Die dood kon Hom nie hou nie.

Wanneer ons met mense oor Jesus praat moet ons nie ʼn halwe Evangelie voorhou nie. Dit is inderdaad so dat Jesus vir ons sonde gesterf het, maar Hy het opgestaan, eweneens vir ons sonde.

Die Bybel leer ons dat die loon (gevolg) van die sonde die dood is.

Rom.6:23 – Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Hierdie dood beteken om vir ewigheid van God vervreem te wees. Jesus het die dood waaraan ons deel moes hê namens ons opgehef. Paulus vra dan juis dood waar is jou angel, waar is jou oorwinning.  Die dood is bedreigend en vreemd. Niemand sien daarna uit om te sterf nie. Tog kan ons dit nie ontglip nie.

Jesus se opstanding waarborg ons opstanding. Die dood spreek nie die laaste woord nie, die opstanding is God se finale woord.

Jesus kom weer op die wolke, sê die Bybel. Almal wat gesterf het en in Hom geglo het sal uit die dood opgewek word. Met verheerlikte liggame sal hulle deel hê aan die ewigheid saam met Hom.

1 Tessalonisense 4:16-17 – Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees.

Daar is oorvloedige rede om bly te wees.

Jesus het opgestaan.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize ·

God is lewende en hou Sy hand oor ons elke sekonde van die dag. Aan ALmal maar eerste alle eer aan die Here ek probeer vir 3 maandae oorplasing te kry Durban toe na my kind en ouers en gister my antwoord gekry ek begin 1 Julie in Durban ek kan nie genoeg dankie se nie en dankie aan Heer dis was harde 3 maande maar God het my deurgedra werklik en wens ek kon Vertel van al die struikelblokke dis onmenslik maar God het oorwin en ek sien uit na nuwe toekoms met my kind ouers en familie en meeste Belangrikste met Jesus reg Langs my elke dag dankie

John ·

Absoluut waar! En dit is waarom ons nie Paassondag afmaak en net Goeie Vrydag vier nie, want wat sou ‘n dooie Christus vir ons ingehou het… soos Paulus verduidelik.

Mari ·

Ek is so bly vir die goeie nuus Elize. Het baie gebid vir jou en net vandag wonder ek hoe dit met die werks onderhoud gegaan het. Wens jy kon jou struikelblokke met my deel. Het self soveel berge voor my lewe gehad en het dit nog steeds. Veral as mens as enkelouer kind moet groot maak terwyl die pa die kind emosioneel vernietig. Daars meer dae wat dit vir voel die Here het my verlaat. Pas jouself mooi op Elize. Hou vas aan die kans wat jy gegun is om saam met jou familie te wees.

Elize ·

Baie dankie Mari ek wardeer ja ek weet enkelouer is moeilik glo my ek is 11 jaar ek is dankbaar vir my ouers en familie maar meeste Jesus Hy my sterk gemaak my lewe het Verander 11 jaar terug 360 grade vrystaat toe en nou 360 grade terug Durban toe maar 11 jaar as ek terug kyk Jesus se voet spore is elke dag in die sand agter my ek Gesond sterker as ooit en my dogter is so sterk sy is so lief vir Jsus sy in n skool waar sy in Sy teenwoordigheid is elke dag my ouers is by al die kinders en klein kinders by Groot hospitaale ons verstaan Altyd nie maar daar het klein wonderwerke in 11 jaar gebeur werklik was maar God se hand kan in dit gesien word ja daar is slegte dae maar God se in sy woord heriner My aan die beloftes wat Ek julle gee ek Staan daar op dis God se beloftes aan ons ja alle eer aan Jesus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.