ToekomsVenster: ‘n Splinternuwe seisoen vir die wat glo


God-sentrum-van-my-lewe

Argieffoto.

Die geskiedenis verdeel tyd in voor en ná Christus in. Die koms van Jesus na die aarde is ʼn dramatiese gebeurtenis wat die lewe op aarde onomkeerbaar beïnvloed. Ook in die lewe van ʼn gelowige is daar sprake van ʼn voor- en ná-Jesus-ervaring. Die voor-Jesus-seisoen word dikwels gekenmerk deur sonde en selfgesentreerdheid.

As die ontmoeting met Jesus plaasvind, bring dit vir wie hulle daardeur laat verander ʼn splinternuwe seisoen mee. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie, lui die Johannes-verslag in hoofstuk 3. Wie egter nie glo nie, is reeds deur hul eie ongeloof veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.