ToekomsVenster: ’n Stem van hoop

stem-mikrofoon-klank

Foto: Bruno Cervera/Unsplash.com

Ja, julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het. Dit skreeu ten hemel; die geroep van dié wat geoes het, het tot by die Here die Almagtige gekom. – Jak. 5:4

God staan aan die kant van geregtigheid en waarheid, sê die Woord. Hy kan onreg nie verdra nie. Sy hart is gerig op die vreemdeling, die randmense, gemarginaliseerde, en veral hulle wat- omdat hulle nie geseën is met bronne en inligting nie – op selfsugtige wyse uitgebuit word.

Die passie wat God vir noodlydendes het is van die begin van die Bybel af ʼn sentrale tema. Hy is ʼn stem vir die wat nie ʼn stem het nie. Hy roep ons ook om ʼn stem te wees vir die stemlose in ons samelewing.

Die meeste van ons is baie geseënd. Derhalwe kan jy jouself die ervaring van niks te hê nie, moeilik voorstel. Dit moet ʼn desperate situasie wees as jy letterlik nêrens kan gaan en jou tot niemand kan wend nie. Nagenoeg die helfte van ons samelewing bevind hulle in daardie situasie. Selfs al het ons nie geld nie kan die meeste van ons iewers regkom. Daar is altyd moontlikhede. Dit bestaan egter nie vir almal nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.