ToekomsVenster: ʼn Toevlugsoord


rotse-by-die-see

Argieffoto.

Here, luister tog na my gebed, hoor tog my geroep om hulp. – Psalm 102:2

Ons almal ken tye van vertwyfeling en swaarkry. Geen mens is dit gespaar nie. Die ellende is dat ons dikwels skaam is om ons worsteling teenoor iemand anders, liefs ʼn vertroueling, te erken.

Ons het hierdie onrealistiese verwagting van die lewe en luister na bedenklike teologie. Ons redeneer dat dit altyd goed moet gaan met ʼn gelowige en indien dit nie die geval is nie, soek ons die skuld in en by onsself. Dit kan wees dat dit inderdaad swak keuses, dalk verkeerde keuses is wat jy teen jou beterwete uitgeoefen het wat aanleiding gee tot die worsteling in jou lewe. Ander kere gebeur dit doodgewoon sonder enige bydrae van jou kant. Jy is weliswaar onskuldig en weerloos teenoor die seer en onsekerheid.

Ongeag die omstandighede, God is ʼn toevlug in die nood, ʼn Rots wat altyd vas bly staan. Jy kan Hom met jou swaarkry vertrou. Vir die wat Hom liefhet, werk alles ten goede, sê die Woord.

Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting. – Psalm 18:3

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Roela ·

Jesus ek het U nodig help my asseblief. U alleen weet wat my behoeftes is.
Ek het U lief my verlosser. AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.