ToekomsVenster: ’n Vader van genade

vriendskap-duine-hemelruim-unsplash-pexels

Foto: Unsplash/Pexels.com

Jou dwaas, wil jy ‘n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is? Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is ‘n vriend van God genoem. – Jak. 2:20-23

Jakobus kort ʼn bietjie takt, sou ʼn mens kon sê. Om medegelowiges sondermeer as dwase te beskryf is nie vriendelik nie. Hy huiwer egter nie om die geveinsdheid van die verskonings wat aangebied word aan die kaak te stel nie.

Hy neem voorbeelde uit die Skrif om sy saak te steun.

Abraham is ʼn bekende voorbeeld waarmee niemand sal kan verskil nie. Dit was juis die bykans ontstellende gehoorsaamheid van Abraham wat ʼn mens diep in die hart tref. Mens kan jou die innerlike tweestryd van die man nie voorstel nie.

Wat Abraham egter gespaar het, het die Vader van genade tot op die letter volbring. Hy het nie gehuiwer om sy Seun te gee as ʼn losprys vir hierdie wêreld nie.

Die gedagte dat Abraham op grond van sy gehoorsaamheid of dade vrygespreek is word mooi in die Boodskap vertaling verduidelik –

Die Bybel sê mos: “Abraham het in God geglo. Juis daarom het God besluit dat Abraham se verhouding met Hom reg is.” Die bewys daarvan was toe Abraham vir Isak gaan offer het. Hy is van toe af ’n vriend van God genoem.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan Seerot ·

Dit is malik om YHWH te vertrou s dit met jou goed gaan. A! Maar wanneer jy 100% moet glo en vertrou dat Hy sal help… Dit is wanneer jy moet glo.
As Paulus selfs kon struikel, dan moet jy darem weet hóé ek soms sukkel. En dan, betyds is YHWH daar. Met ‘n plan wat werk.
Prys God. Hy leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.