ToekomsVenster: ’n Verhouding met God

(Foto: Ben White/Unsplash.)

Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie. – Hebr. 2:1

ʼn Verhouding kom van twee kante af nie waar nie. Neem enige van die verhoudings waarin jy tans staan.

As deernis, gemoedelikheid, begrip, liefde, omgee, warmte en aanvaarding altyd net van een kant af kom, raak daardie verhouding suur en onvervuld. Elkeen het ʼn deel om by te dra ten einde die verhouding sy volle potensiaal te laat bereik.

God staan met ons en ons met Hom in ʼn verhouding. Dit insigself is alreeds te wonderlik vir woorde. Die grootsheid daarvan dat mense met die God van hemel en aarde, die Skeppergod, die God van die Bybel in ʼn verhouding kan staan, is onbegryplik wonderlik.

Ons verstaan van die teologie is juis dat dit God is wat ons kom opsoek het en uitgenooi het tot sodanige verhouding. Die Bybel is duidelik daaroor – niemand vra na God nie.

Al troos ons onsself daaraan dat ons na God soek, die Waarheid is dat tensy Hy ons harte na Hom neig, of gewoon en tevrede op die pad van onverskilligheid, sal Volhard.

Goddank dat Hy sy Hand van vriendskap, versoening, liefde en gemeenskap na ons toe uitsteek. Hy berei ons harte deur die Heilige Gees voor om op daardie liefdesaanbod te reageer en dit in dankbaarheid vas te gryp.

Presies waar Hy ons kom haal en kom haal het word grafies verduidelik in Eseg.16: 6-7:

Die dag toe jy gebore is, is jy in die veld gelos om dood te gaan. Niemand wou jou hê nie. Maar Ek het verbygekom en jou daar gesien. Jy het hulpeloos in jou eie bloed gelê en skop. Terwyl jy daar in jou bloed gelê het, het Ek gesê: ‘Lewe!’ Ja, waar jy in jou bloed gelê het, het Ek vir jou gesê: ‘Lewe!’ Ek het jou gehelp om soos ’n veldplant te groei. Jy het grootgeword en ’n mooi juweel geword. Ek het ’n verbond met jou gesluit en met jou getrou, sê die oppermagtige Here. Jy het Myne geword.

Wat ʼn grafiese beskrywing van ons ongeredde staat en van die genade wat God aan ons bewys het. Ons mag dit nie vergeet of as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit is juis wat met die teksvers bedoel word. Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie.

Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie. – Spreuke 4:5

Koester jy die verhouding wat God tussen julle tot stand gebring het? Hoe doen jy dit en wat is die vrug daarvan?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.