ToekomsVenster: Na alles sal Hy nog daar wees

gebed

Argieffoto.

Tot in alle ewigheid …

Hy is die Alfa en die Omega, die begin en die einde. Hy is die oorsaak en die gevolg, die stimulus en die produk, Hy is volledig en genoegsaam. Hy het niks van niemand nodig nie. Wie gee Hom raad?

Rom 11:34: Van alle ewigheid tot in alle ewigheid. Sonder begin en einde. Voor alles en na alles sal Hy nog daar wees.

Ewigheid is buite die tyd. Dis die bestaan waar God is. Dis ewig en anders as jare. Dis nie jare/tyd wat gemeet kan word nie. Wanneer betree ons die ewigheid? Nee, ewigheid is ʼn dimensie van bestaan waar daar geen beperkings van enige aard is nie. Dis die somtotaal van al God se kenmerke. Dis God in al sy heerlikheid en majesteit. Dis onverstaanbaar, misterieus en merkwaardig. Bely dit en dank Hom daarvoor.

Onthou die tyd van gebed vanaf 25 Mei (Hemelvaart) tot 4 Junie (Pinkster).

Die huidige knelpunte roep ons om ernstig te bid vir ons land en sy uitdagings met die verwagting dat die Here ons sal gebruik om die verskil te leef. Christene word opgeroep om daagliks te bid net waar hulle hulself bevind, veral gedurende die goue uur van gebed vanaf 12:00-14:00.

Daarbenewens word gelowiges uitgedaag om veral saam met onbekende mense te bid.

Besoek www.sapray.co.za of laai Toekomsvenster se gratis app af vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.