ToekomsVenster: Nederigheid en afhanklikheid


God-se-goedheid

Foto: Reint Dykema.

Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom! Wanneer God die lot van sy volk verander, sal Jakob juig, sal Israel bly wees. – Psalm 53:7

Sjoe, ons het dié jaar begin met vele uitdagings, nie waar nie? Daar is bykans nie ʼn samelewingsverband waar daar nie die een of ander krisis aan’t broei is nie.

ʼn Saak wat ons baie na aan die hart lê, is uiteraard die knellende droogte wat ons tans beleef. Dit is veral die diere wat ly wat ʼn mens aan die hart gryp.

Droogte is die groot gelykmaker. Jonk en oud, ryk en arm, vernaam en gewoon is ewe aangewese op water vir oorlewing.

In baie gemeenskappe moet mense in rye val met gieters en emmers en houers van allerlei aard om hul skeppie water vir die dag te bekom. Miskien leer die Here ons weer nederigheid en afhanklikheid in hierdie dae. Ai, sal die Here nie weer vir ons uitkoms gee nie. Ons sal daaroor baie bly wees.

Lees Psalm 85.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Ons moet weet en leer om altyd nederig en afhanklik van Hom te wees, ongeag die omstandighede waarin ons ons bevind. Sy naam is groot! Prys die Here!

pjkruger ·

Ek en my vrou het ons selfoon alarm gestel op 21h00 elke aand, dan bid ons vir ons volk, ons land en ons leiers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.