ToekomsVenster: Negatiwiteit verhinder die Heilige Gees


Geloof

Argieffoto.

Lees Efesiërs 4:30

Onvergewensgesindheid en veroordeling plaas ons in ’n baie gevaarlike posisie. Nie alleen verseker ons vir onsself ’n toekoms sonder God se vergifnis nie, ons veroorsaak ook dat ons geoordeel gaan word met dieselfde oordeel, wat ons vir ander gebruik het. Geen mens wat hierdie tekste met oop oë en ore lees en hoor, sal doelbewus aanhou om ander mense se sonde teen hulle te hou nie. Hoekom sal ons toelaat dat iemand anders se sonde ons ook laat sondig? Buitendien, sulke gedrag besmet ons gedagtewêreld sodat ons nie Heilige Gees geïnspireerde gedagtes kan dink nie. Dit veroorsaak dat ons denke vashaak en verstrik raak. Moenie langer so leef nie!

Bely alles wat jou verhinder om deur die krag van die Heilige Gees te opereer. Moet veral nie toelaat dat ander mense se foute, gebreke en oortredinge jou beroof van ’n lewe van oorvloed nie. Wanneer Jesus se bloed oor jou onvermoë, pyn, swaarkry, negatiewe gedagtes en emosies vee, is dit nie slegs vergewe nie, maar bestaan dit ook nie meer nie! Vergewe elkeen wat teen jou oortree het ook so en spreek hulle vry. En onthou: hulle foute en gebreke bestaan nou ook nie meer vir jou nie. Sodra jy al hierdie passiedempers op die altaar neergelê het, sal jy agterkom dat jou hart begin oopgaan vir die Heilige Gees se leiding.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sanja ·

kan u asseblief hierdie boodskappie vir my epos. ek wil dit graag print. ek het probeer om die stukkie te “copy – paste” op n document, maar kry dit nie reg nie.

baie dankie dit n pragtige boodskap

Landi Slatter ·

Dagsê Sanja,

Ons het vir jou ‘n persoonlike e-pos gestuur.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Douw de Boer ·

Sanja het ‘n baie goeie punt hier met die druk van die stukkies.
Ek put elke dag genot uit die ‘Gedagte’ asook ‘Toeloms Venster’ en baie keer is daar net ‘n verduideliking van iets waarin ek nie die lig kon sien nie, of sommer net ‘n stukkie pit-kos wat ek graag vir myself wil bewaar – en dan kan ek dit nie druk nie…
Ek glo dat dit seker gaan oor kopie-regte, maar dit sou tog lekker gewees het om daardie enkel ou sinnetjie te kon uitlig!
Baie Dankie vir Maroela vir wat julle vir ons geloof doen – nie net is julle nuus puik nie (en julle het ‘n baie goeie onderhoud op Groot FM gehad vandag!) maar julle skeep nie die geestelike sy van ons lewens af nie!
Doen so voort asseblief!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.