ToekomsVenster: Net deur die Here se Gees

(Foto: Fa Barboza/Unsplash)

Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. – Hebreërs 10:11-12

Nou die verrassende en bevrydende waarheid: teenoor die daaglikse oor en weer probeer van die priesters, is daar die eenmalige, volkome en volmaakte offer van die Seun van God.

Juis hiervoor het Hy na die wêreld gekom om sy lewe aan te bied as ʼn losprys vir ons. (Lees Mark. 10:45)

Die blindheid van die geestelikes van Jesus se dag val op. Dat hulle nie kon insien dat Hy die vervulling van vele ou Testamentiese profesieë was nie is waansin. Die frustrasie dat dieselfde ritueel oor en oor verrig moes word maar nooit ware uitkoms of bevrediging kon bring nie moes hulle naarstiglik laat uitsien het na die dag van Sy verskyning.

Die Waarheid dat Hy volkome verlos moes hulle met entoesiasme na Hom gedryf het, maar juis die teenoorgestelde gebeur.

Eerder voortgaan met die futiele oefening van daaglikse offers wat nooit ten volle versoen nie. Soms dink ʼn mens jou menslike pogings gee ʼn gevoel van beheer en kontrole.

Ons seun het kleintyd wanneer ons hom met iets wou reghelp gefrustreerd reageer, “ek sal self”. Die “ek sal self “geaardheid lê maar vlak in die geestelike DNS van mense. Ons misluk eerder keer op keer as om te vra vir God se intervensie. Hoe hartseer, tragies en onnodig.

Hoe staan dit met jou? Het jy al by die plek gekom waar jy Sy almag omarm en Hom toelaat om te doen, wat jy nie regkry nie.

Die teks sê, nie krag of mag nie maar deur die Here se Gees. (Sag.4:6)

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.