ToekomsVenster: Net genade

(Foto: Lampos Aritonang/Unsplash)

Ek lees graag Koos Dup, soos hy in omgangstaal bekendstaan, se “Gebed” en sluit met enkele opmerkings by die laaste vers aan.

 

Laat my nooit die grond verlaat nie.

Laat my in U skadu bly.

Gee dat elke aardse vreugde en vrees,

eindelik nietig word vir my.

 

Elke afdraai paadjie ken ek.

Elke keer het ek verdwaal.

Elke keer het U my iewers kom haal.

Maak dit Heer, die laaste maal.

 

Elke dag is ’n gedagte.

Elke kamer net gehuur.

Elke aardse droom van rykdom en roem,

net ’n skadu teen die muur.

 

Wat ek is, is net genade.

Wat ek het, is net geleen.

Eintlik smag ek na U waters van rus.

Lei my Heer vanaand daarheen

 

“Wat ek het, is net genade”. Ek wonder of ons altyd so oor die lewe dink? Die versoeking is groot dat ons met ʼn “die lewe skuld my” mentaliteit lewe. Daar groei ʼn vanselfsprekendheid in my manier van lewe.

Mens vergeet waar dinge vandaan kom. Ons sê vir onsself: “Natuurlik sal ek wakker word na ʼn goeie nagrus en natuurlik sal ek in my motor klim en werk toe ry en natuurlik sal ek my werk bekwaam afhandel en in die aangewese kandidaat wees vir promosie. Natuurlik sal my vrou en kinders vir my wag as ek vanaand tuis kom en natuurlik sal ʼn ete voorberei wees.”

As jy tot nou toe nog so geleef het wag daar ʼn ontnugtering op jou. Niks is natuurlik, vanselfsprekend en uit die aard van die saak nie. Alles, maar alles is genade, onverdiende guns alleen. Ja, veral as dit by God se guns kom wat al hierdie dinge moontlik maak.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Dankie Here vir die seëninge wat ons uit U genade ontvang!

Yvonne ·

Dankie Heer U seen en bederf my elke dag met onverdiende genade

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.