ToekomsVenster: Nie die laaste woord nie

sonsondergang-koring-koringare

Foto: Ann Savchenko/Unsplash.com

So het ons aan die einde van ons reis gekom. Uiteraard het ons net begin nadink oor gebed. Daar is soveel meer om te leer en te oorweeg. Jou eie studie gaan jou nog verrassende ontdekkings laat maak. Immers, die Gees van die Here staan jou by. Dissipelskap is ’n lewenslange leerproses. Wie dink dat hy klaar geleer het, is dom en astrant. Ons bly ywerige studente in God se leerskool.

Ek vertrou dat jy ’n nuwe stuk vryheid ontdek het in jou gebedslewe. Ek hoop dat jy vrygekom het van dwang en voorskriftelikheid sonder om daarmee te sê dat daar nie belangrike aspekte is wat nie sondermeer losgelaat mag word nie.

Een so ’n merker is dat, wie tot God nader, moet glo dat Hy is (bestaan en betrokke is) en dat Hy gebede beantwoord.

“As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” – Hebreërs 11:6

Jy kan dalk ’n hele paar merkers opnoem wat rigtinggewend is. “Geloof is die God van die heelal” is ’n ander. Immers, sonder geloof kan God nie behaag word nie.

Mag jy nuwe ruimtes betree namate jy op die weg van heiligmaking vorder. Mag jy die leiding van die Heilige Gees ken en daarby inval. As hierdie reis vir jou iets beteken het, vertel ander ook daarvan.

Gebed

Ons Vader wat in die hemel is,
laat U Naam geheilig word,
laat U koninkryk kom en U wil geskied.
Soos in die hemel; so ook op die aarde.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.