ToekomsVenster: Nie goedkoop genade nie, maar duur gekoop


kruis Christus

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabayri

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. – Johannes 3:16

Die derde aspek van hierdie Kersboodskap soos vervat en verwoord in Johannes 3:16 het te doen met die bevrydende en ontsagwekkende prysgawe van God se heel beste, sy Seun.

God het in sy Seun alles gegee en niks teruggehou nie ten einde te bevestig dat ons vir Hom bo alles belangrik is.

Romeine 8:31 onderstreep die groot waarheid dat God dit ernstig bedoel met ons. Kyk net weer na die Kersgebeure, as jy vir ʼn enkele oomblik twyfel aan God se goeie bedoelinge met jou. Hy neem jou ernstig op. Jy is so belangrik dat Hy nie goedkoop, oppervlakkige, simplistiese genade betoon nie, maar verreikend ter wille van die redding van mense.

God gee Homself prys ter wille van mense.

Julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik. – 1 Korintiërs 6:20

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.