ToekomsVenster: Nie meer ’n sondaar nie, maar ’n kind van God


gemeenskappe

Argieffoto.

Jubel in die Here, regverdiges, sing ‘n loflied, opregtes! Jubel regverdiges, opregtes. – Lees Psalm 33:1

Ek toets gemeentes graag met die vraag – hoeveel “sondaars” is daar in hierdie gehoor?

As ‘n mens dit “arme sondaars” noem klink dit nog beter.  Sonder om twee keer te dink gaan die meeste hande op.

So is ons mos geprogrammeer… in sonde ontvang en gebore, bestem vir ‘n lewe van val en opstaan, geestelike bedelaars.  Ons is mos veronderstel om nederig te wees, behalwe dat hierdie sg. nederigheid nie die toets van die Bybel slaag nie.

As ek my vraag vervolg en vra hoeveel regverdiges, hoeveel opregtes daar in die gehoor is, steek hier en daar iemand die hand huiwerig op.

So gesien wonder ek met wie Dawid praat in hierdie psalm?

Wie dan is hierdie “spesiale kategorie” van mense van wie gesê word dat hulle regverdig en opreg is?

Is dit die priesters en leviete wat rondom die heiligdom diens gedoen het, dalk die profete van ouds of hoogstens die hoëpriester wat een keer ‘n jaar God in sy allerheiligste teenwoordigheid kon ontmoet?

Die goeie nuus, veral vanuit nuwe Testamentiese perspektief is dat alle kinders van God hier geadresseer word.  Gewone mense wat hulle op God se genade en sorg beroep.

Hulle wat deur die bloed van die Lam (in die ou Testament die beloofde Messias, in die Nuwe Testament die Seun van die lewende God, die vervulling van profesieë deur die profete gespreek) gereinig en vernuwe is.

Ons het in Christus ‘n nuwe status ontvang.  Opreg, regverdig…

God kyk na ons deur die offer aan die kruis en sien volmaakte mense.

Gereinig en geregverdig omdat Jesus ons gewas en ons skuld gedra het.

Dit is een van die aangrypende Bybelse waarhede.  Ek is nie meer ‘n helverdiende sondaar nie maar ‘n geredde kind, seun en dogter van die Lewende God.  Halleluja.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.