ToekomsVenster: Nie ‘sodat’ nie, maar ‘omdat’

water-rivier-watervalletjie

Foto: Hans/Pixabay.com

“Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: ‘Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?’ ‘Niemand nie, Here,’ sê sy. Toe sê Jesus: ‘Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.’ – Johannes 8:10-11

Jesus het in kontras met die teologie van die skrifgeleerdes en die Fariseërs klem daarop kom lê dat God ’n genadige God is, ’n Vader wat vir ons lief is ten spyte van al die gemors wat ons met ons saamdra.

Die wonderlike ding is dat Hy vir ons lief is terwyl ons nog vuil is. Paulus sê Hy was vir ons lief toe ons nog sondaars was.

Jesus het nie vir die vrou wat in owerspel betrap is gesê sy moet eers haar lewe regruk en dan terugkom na Hom toe nie. Haar lewe sou verander; nie sodat Hy lief kon wees vir haar nie, maar omdat Hy sy liefde aan haar bewys het.

Gedagte

Baie van ons glo dat ons eers ons lewens moet uitsorteer voor ons na God toe kan gaan. Dit werk andersom.

Gebed

Here, help my om nie ’n dam te wees wat u genade probeer vasvang nie, maar ’n rivier waardeur dit na die wêreld kan vloei. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish ·

Dit sal so Wonderlik wees indien vandag se kerk n hospitaal vir sondaars kan wees ipv n klub vir heiliges.

Lena Jonk ·

Dankie Jesus dat U ons sondes vir ons vergewe, laat ons besef as ons iets verkeerds gedoen het U van ons verwag om dit nie weer te doen nie. Soos U gese het vir die vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.