ToekomsVenster: Niks anders as gebed nie

gebed-bybel

Foto: Ben White/Unsplash.com

Hy het vir hulle gesê: “Hierdie goed kan met niks anders as met gebed uitgedryf word nie.” – Markus 9:29

Die duiwel doen hom op ʼn verskeidenheid van maniere aan ons voor. Hy kom na ons wanneer ons swak en weerloos voel, wanneer ons reserwes uitgeput en ons moeg en oorlaai is. Hy wag sy kans berekend af en slaan genadeloos toe. Hy laat alles rondom ons oënskynlik in duie stort om ons na moedverloor se vlakte te dryf.

Die duiwel is ʼn werklikheid en alles behalwe die “gate in die kaas”. Hy is ʼn ongenaakbare vyand en iemand wat nie in eie krag aangedurf kan word nie. Trouens die Bybel maan ons om nie met die duiwel in gesprek te tree nie, maar hom doodgewoon aan die oorwinning en oop graf te verwys. Net die Naam van Jesus is genoeg om Hom die aftog te laat blaas.

Alhoewel baie mense aan die bestaan van God se teëparty twyfel, weet elke ware gelowige dat hy alles behalwe slegs ʼn gedagtedrog verteenwoordig. Hy, versterk en ondersteun deur sy trawante, is gedurig daarop uit om die lewens van gelowiges te bemoeilik. Die Bybel sê staan die duiwel tee en hy sal van jou wegvlug. Dit sê ook moenie die duiwel ʼn vatkans gee nie. Hy loop soos ʼn brullende leeu en soek na mense wat hy kan verslind. Hy is ʼn leuenaar en ʼn mensmoordenaar van die begin af. Hy huiwer nie en daag gelowiges se verbintenis en getuienis genadeloos uit. Hy weet waar die sagte weefsel in elke mens se mondering is en maak seker dat hy dáár toeslaan.

Maar hy is van alle mag ontdaan en word kragtens die dood en opstanding van Jesus as oorwonne vyand in hierdie wêreld vertoon. Hy het net soveel mag as wat gelowiges aan hom gee. Die invloed wat die bose in ons lewens het, is die invloed en beweegruimte wat ons aan hom gegee het.

Ons kan geklee in die volle wapenrusting van God in oorwinning leef. Ons het nie nodig om sy prooi te wees en te word nie. As ons die Naam van Jesus op ons lippe neem, gebeur daar iets in die onsienlike.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

humor ·

Dankie. Hoe dan anders gebed is die hoogste uitdrukking van ons verhouding met God ons Vader en ons Verlosser Jesus Christus. Gebed impliseer ons vertroue, vertroue impliseer oorgawe en dit beteken n lewe volkome in die Hand van ons VADER. In woorde word dit gese “Laat U wil geskied!!!”

Maria ·

Aan Mammas : My SEUN onderstel om hierdie jaar te leef nie eers dominee , rahbelition ,familie ,ex man, dokters ens. niemand kon hom red nie. Maar deur die kragting gebede is verhoor met seun se nuwe lewe, nuwe gees is vervul in Here KRAGING se gebede Al ek kon verlede jaar nie n word uitspreek nie “geblok” gebroke lewe “hel” Moet net GLO wat jy kan sien nie ou ende is n oorwinnigs
AMEN!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.