ToekomsVenster: Niks kan ons skei van Sy liefde

beach-193786_1280.jpg

(Foto: AnnaER/Pixabay.)

Rom. 8:38-39 – Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Somtyds wanneer ek na die nuus luister, veral wanneer dit grafies en lewensgetrou op die TV gebeeldsend word, raak ek benoud en angstig. Die veelheid van gebeurlikhede wat ʼn mens en gemeenskap kan oorkom, is ontstellend.

Ons is geseënd in Suid-Afrika daarin dat ons relatief min hoor van siklone, tifone, oorstromings, modderstortings, aardbewegings, en ʼn hele klomp ander dinge wat daarmee verband hou. Die trauma wat mense wêreldwyd beleef is somtyds ondraagbaar net om na te kyk. Om te sien hoe reddingswerkers deur die puin grawe opsoek na oorlewendes, gryp ʼn mens aan.

Al hierdie dinge word ons grootliks gespaar maar dit beteken die dat trauma en selfs tragedies nie op jou weg kan kom nie. Ons is soos die skape waarvan Romeine praat.

Ons word daagliks bedreig en is ons lewens eintlik nie seker nie. Ons kies maar om die onsekerheid wat aan die lewe verbonde is op die agtergrond te skuif of te maak asof dit nie bestaan nie. Dit is egter ʼn werklikheid wat ook ons lewens negatief en ingrypend kan impakteer.

Waar vind ʼn mens troos en sekuriteit wat jou koersvas laat volhou? Uiteraard net in die Woord van die Here en dit is hier waar Romeine 8 besondere betekenis en troos inhou.

Ons sekerheid lê nie in die sigbare en tydlike nie. Dit is veranderlik en onseker.

Ons sekerheid berus in God en wat Hy belowe en wat Hy van ons sê.

“Niks” staan daar geskrywe. “Niks sal en kan ons skei van die liefde van God nie”. Mag die woordjie “niks” jou vandag nuut opval.

In Christus is ons veilig, behoue, beskermd en veilig. Die Beskermer van Israel sluimer en slaap nie net soos ons in Ps.121 lees. Hy hou wag.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat ek verseker kan wees van U nabyheid in alle omstandighede…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.