ToekomsVenster: Nog genesing

blomme-blommetjies-hand

Foto: Isaac Mehegan/Unsplash.com

Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom. Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie bose geeste uitgedrywe. Hy het die bose geeste nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het wie Hy is. – Markus 1:32-34

Jesus het ʼn baie bedrywige program. Markus verhaal hoedat die mense in groot getalle opgedaag het sodat Jesus die siekes kan genees en die wat in die mag van die bose was, kon bevry.

Soos ons Jesus ken het Hy moeite gedoen met elke persoon wat by Hom aangedoen het. Ek glo nie Hy het een omnibusgebed gedoen en daarmee was dit afgehandel nie.

Kan jy Hom hoor as Hy in gesprek tree met die behoeftiges – wat is jou naam, waar woon jy, hoe lank is jy al siek, hoe beïnvloed dit jou funksionering? Kan jy hoor hoe Hy empaties meegevoel betuig met die lyding van mense? “Ai dis erg. Ek kan dink dat dit ongemaklik moet wees. Ek is so bly dat jy na My gekom het. Ek wil jou graag genees. Jy is by die regte adres”.

Het jy nood vandag?

Uiteraard weet Jesus alles van jou af. Hy is alwetend en alomteenwoordig. Hy doen egter moeite met jou. Hoor hoe Hy jou by die naam noem, hoe Hy vertel dat Hy bly is dat jy na Hom gekom het. Bly ʼn rukkie in sy teenwoordigheid. Geniet sy vriendelikheid en omgee.

“Almal soek U”. Jesus se lewe, optrede en prediking het effek gehad. Die mense het gehoor dat Hy lewe bring, dat sy optrede anders was as die van die geestelikes van die dag. Hulle was teleurgesteld en ontroer deur die oppervlakkige interaksie met die geleerdes. Hier was iemand wat regtig en hartgrondigheid omgegee het. Hy is so anders. Daarom stroom die mense na Hom.

Hoe lyk die Jesus wat ons aan mense voorstel? Ook besig, te besig om regtig om te gee?

Tyd saam met sy Vader. Dit was die geheim van Jesus se krag en effektiwiteit tydens sy aardse bediening. Eerste dinge eerste. Iemand het gesê, hoe besiger jy is hoe meer tyd saam met die Here. Hierdie tydjie saam wil jou daarmee help.

Jesus het egter ʼn groter opdrag. Die Goeie Nuus moet oral gepreek word. Derhalwe die opdrag aan sy dissipels. Jerusalem wag.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michelle ·

Here U Ken my vanoggend ek het NOOD maar ek weet U hou my vas.

christa ·

HERE KOM EN HOU ONS NET VAS BESKERM ONS Versterk Ons Gesonheid Seen Ons FINANSIES ASSEBLIEF VADER.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.