ToekomsVenster: Nuwe Testament offergawes

natuur-blomme-blare-fiets-buite

Foto: Moshehar/Pixabay.com

“Hy sien toe ’n arm weduwee twee klein muntstukkies daar ingooi, en Hy sê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander.” – Lukas 21:1–4

Tydens die NT was daar meer as een offergawekis in die tempel. Nege van hierdie houers was vir verpligtende gawes, terwyl vier van die kiste vir vrywillige gawes was. Dis hier waar Jesus sien hoe ’n arm weduwee haar offergawe ingooi. Jesus sê vir Sy dissipels dat hierdie dame selfs meer as die rykes geoffer het, omdat sy haar hele lewensonderhoud ingegooi het ten spyte van haar gebrek.

Hierdie daad demonstreer die hoogste vorm van ’n offer aan God. Dit toon ook haar absolute vertroue in God. Christus se opmerkings rakende die offergawe het nie die klem op die grootte van die offergawe geplaas nie, maar eerder op die vasberadenheid van die gewer.

Raak prakties

Die weduwee in Lukas 21 leer ons dat opofferende (sacrificial) offergawes soms baie vra. In haar geval het sy egter alles gegee. Sou ’n mens glo dat die Here jou oortuig om alles te gee vir ’n sekere saak, moet jy absoluut seker maak dat dit die stem van die Here is. As daar onsekerheid is, toets jou saak met geliefdes of ander gelowiges om impulsiewe optrede uit te skakel. Bou ook vir jou ’n platform van om vir armes te gee en om die werk van die Here te doen om só jou gehoorsaamheid aan God uit te leef wanneer dit by offergawes kom.

Iets om oor na te dink

Die waarde van die weduwee se offergawe is nie bepaal deur die grootte van die gawe nie, maar eerder deur die gees van hoe dit gegee is. Verder word “gee” nie gemeet aan hoeveel jy gee nie, maar aan dit wat in jou beursie agterbly.

Gebed

Here, baie dankie dat ek die voorreg het om aan U offergawes te kan bring.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liezl ·

Ja, Kobia. Jy neem dit vir jou of nie. Dis jou keuse. Hierdie interessante stukkie gekry 2 dae terug. The Lord claims the tithe as His – Lev 27:30 – “And all the tithe of the land, whether of the seed of the land or of the fruit of the tree, is the Lord’s, It is holy to the Lord”. Obedience in tithing carries a promise, Malachi 3:10. Gaan lees dit gerus. Als, maar als is syne, as ons gehoorsaam is in als wat Hy sê, dan sal ons land gered word. Ons is nie gehoorsaam nie, ons is afvallig in baie opsigte en geld is een van dit. Seën vir jou in oorvloed, ek bedoel dit opreg uit my hart.

PC ·

Hi Liezel. Wat sê jy dan nou, as jy hierdie aanhaling in Lev en Mal doen. Moet ons aan al die wette voldoen of kies ons dan nou om net die wat gaan oor geld gaan uit te voer? Los ons dan die res, want hulle klink nie so belowend nie. Het Jesus nie die wette oor geld OOK volbring nie. Ek dog Jesus het die hele wet volbring. Nou leer jy my iets. Ons kan net die gedeeltes van die wet gebruik wat ons wil en die res los.

Liezl ·

Hi PC, dit is wat so wonderlik is van die Bybel. Daar is sooo baie dinge om te leer. My gedeelte hierbo het nou net oor die geld gegaan, aangesien die artikel oor die geld gaan. Ek het nie bedoel om iets te beklemtoon en die res moet ons los nie. Ek het ook net geantwoord omdat dit op my hart gelê het. Ek deel maar net iets. My eerste woorde…jy neem dit vir jou of nie, dis jou keuse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.